Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 402 reviews.
"Oor die algemeen dink ek die ekonomie speel tans 'n groot rol in die omgewing se ontwikkeling."
"Pleasant drive and manageable distance from Johannesburg. We enjoyed wandering around, looking at the sites and everyone was helpful and friendly. I preferred the atmosphere to the busier and more commercially orientated Clarens and would definitely consider coming back."
"Een van my gunsteling Oos-Vrystaat bestemmings - baie minder "touristy" as Clarens."
"Windmill restaurant is beslis 'n besoek werd, die kos en bediening is van uitstaande gehalte."
"Gaan probeer Plaasstoep restaurant, Ginger Pig en Fouriesburg Country Inn. Uitstekende vriendelike dorp."
"Fouriesburg het mooi ou geboue, maar moet meer die Clarens roete gaan om toeriste te trek. Sal sin vir hulle maak om die 2 dorpe te "link" en nie elkeen sy eie ding wil doen nie. Daar is so baie wat hulle saam kan bied."
"Ek was verras met die oulike winkels - geboue waar Die Kaktus is. Ek het ook gehoor dat die aspersies so goedkoop is by die Kaktus (R20) vir 'n kilogram, maar ongelukkig het die trok nooit die Saterdag (selfde dag as Kersiefees) afgelewer nie - ek dink dit sou 'n gulde gleentheid gewees het om besigheid te maak siende dat daar duisende mense opgeruk het vir die Kersiefees. "
"Pragtige ou geboue. Geleë in 'n baie mooi omgewing. Die natuur is asemrowend mooi. Ook naby genoeg aan Clarens, maar nie deel van die muis gedruis in Clarens oor naweke nie. As mens stilte en sielsrus nodig het, is Fouriesburg jou bestemming."
"Fouriesburg is klein maar in die omliggende gebied is daar baie om te doen en sien. Selfs indien 'n mens na die "Lesotho Highlands Water Scheme" toe gaan. "
"Veilige vriendelike dorp met pragtige geboue en 'n baie mooi sandsteen kerk! Selfs die horlosie aan die toring werk nog! Inwoners is wonderlike, belangstellende mense. "
"Ons is baie lief vir Fouriesburg. Dit herinner ons aan die ou dae waar die strate alles nog stofpad was. Ons geniet die mark elke Saterdag of so. As ons kon, sou ons eendag graag 'n klein stukkie grond hier wou besit. "
"Ongerep, minder "Hermanus" as bv. Clarens, maar naby alles. Goeie opsie vir diegene wat Lesotho wil besoek, omdat dit so naby is aan die grens en klomp ryery uitskakel, daar is nie groot winkels en apteke nie, so maak maar seker jy het skaars persoonlike items, goeie slaghuis, so kry jou vleis daar."
"Ons verblyf was te kort, het nie die keer Fouriesburg self besoek nie, maar op grond van 'n vorige besoek is dit 'n mooi dorp."
"I think Fouriesburg is a great launching pad for Lesotho and Clarens. I would recommend Fouriesburg to anyone looking to stay in that part of the country. It is very quiet and rural, with no hustle and bustle, which would suit travelers who don't want the busy environment of Clarens."