Geverifieerde Resensie
Fouriesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Fouriesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 402 resensies.
"Goed geleë, interessante snuisterye-winkels en restaurant. 'n Juweel in die herfstyd vir fotografie, pragtige omgewing."
"Die diens by al die eetplekke in Fouriesburg was uitstekend. Kan nie dieselfde sê van Clarens!"
"Fouriesburg is klein, maar ons het die padstalle baie geniet. Dit is naby genoeg om vir die dag Clarens toe te ry en ons het Clarens baie geniet. Brandstof mag dalk 'n probleem wees op Fouriesburg en Clarens (as jou motor 95 benodig) dan sal jy eers weer op Bethlehem of Ficksburg kan kry."
"Dorpie was 'n verrassing. Netjies en skoon. So baie plattelandse dorpies lyk deesdae onversorg en gee die idee van agteruitgang. Fouriesburg was die teendeel."
"When we visited Fouriesburg we had dinner at the Ginger Pig. Absolutely wonderfully food served by such a professional and charming waitress."