Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Map

Verified Reviews

Witsand

All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Witsand

Rated 4.6 out of 5 based on 414 reviews.

Witsand

Barnacles

"Altyd baie lekker om in Witsand te kuier!"

Witsand

Seehuisie

"Pragtige, rustige plek!"

Witsand

Kite View 1

"Dit is 'n pragtige stil dorpie. Heerlike wegbreek van die stad se gewoel en geraas. Plekkie vir 'n luilekker vakansie."

Witsand

Kuiergat

"A delightful little village. The beach and river were very clean. The people were all very friendly."

Witsand

Barnacles

"Brilliant and friendly people."

Witsand

Suzys Accommodation

"Witsand is die beste plek vir enige hengelaar wat sy kennis wil kom toets, maar ook die beste plek om net 'n rustige wegbreek te geniet en met die besondere vriendelike inwoners te gesels en die beeldskone natuur te aanskou. "

Witsand

Beachcomber Holiday Apartments

"Dit is die perfekte plek om weg te breek na toe om 'n rustige tyd te hê. Vriendelike mense en baie veilige plek. "

Witsand

The Beach Flat

"Witsand is die perfekte ligging vir vakansiegangers wat wil wegbreek van die besige stad en winkelsentrums. Perfek vir vissermanne en ontspan op die strand met 'n boek. Nie baie winkels en restaurante beskikbaar nie, so pak die nodige kruideniersware in. Moenie verwag om hier meer te doen as net rus en tyd op die strand te spandeer nie, aangesien hier min besienswaardighede en uithangplekke is."

Witsand

Barnacles

"'n Plek vir 'n hengelaar wat lief is vir die see en rivier."

Witsand

The Beach Flat

"Hengelparadys!"

Witsand

Barnacles

"Ek sou net nog 'n algemene handelaar soos 'n klein Spar met drankwinkel aanbeveel. "

Witsand

Huis Zonder Naam

"Lieflike plek om te swem en ook vir die manne wat hengel."

Witsand

Suzys Accommodation

"Pragtige kusdorpie."

Witsand

Ittledoo

"Wonderlike strandjie en dorpie."

Witsand

Beachcomber Holiday Apartments

"Baie lekker visvangdorpie. Rustige atmosfeer, glad nie besig nie. Die dorpie se winkels is bietjie duur, so bring maar saam wat kan. Baie mooi swemstrand en uitstekend vir lang wandels."

Witsand

Whale Watchers Inn

"Besoek Witsand as jy lekker wil baljaar in die see en klein kindertjies het wat daarvan sal hou om in die poeletjies te speel. "

Witsand

@ The Whales

"For fishing in summer."

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Heerlik stil, rustig en hope plek op strand om te baljaar met jou dierekind."

Witsand

Seehuisie

"Vissermanne se droom."

Witsand

Waterford Holiday Home

"Eerste besoek, (vir die maraton), en baie geniet, sien uit na volgende jaar."

Witsand

Suzys Accommodation

"Lovely, quiet town."

Witsand

Barnacles

"Bietjie afgesonder met baie min winkels."

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Witsand is 'n moet om te besoek, veral as mens graag walvisse vanaf die strand wil sien. "

Witsand

Kuiergat

"Dis 'n stillerige plek weg van die hoofroetes af, maar dis die natuurskoon en rustigheid wat ons trek. "

Witsand

Suzys Accommodation

"Winderig, maar tog rustig."

Witsand

Barnacles

"Die winkeltjies is net so bietjie baie duur, maar die nodige kry jy daar."

Witsand

Ferdi-Sue Accommodation

"Te min eetplekke."

Witsand

Seehuisie

"Ons het by verskeie restaurante geëet, maar hulle kos is werklik pateties. Geen oesters en vars vis beskikbaar nie, terwyl Witsand veronderstel is om daarvoor bekend te wees. So, as jy op Witsand gaan kuier, neem vir jou lekker vars vis, oesters en mossels saam uit die Kaap en vergeet van die restaurante."

Witsand

Seehuisie

"Baie mooi, skoon en kon tonne walvisse sien!"

Witsand

@ The C right in front on the C

"Witsand, in my opinie, is 'n ongeslypte diamant. Die area se walvistelling is elke jaar hoër as Hermanus, en hulle spog as die 'whale nursery' van die kuslyn. Ons het dit inderdaad so beleef. Dis 'n klein kusdorpie, met 2 winkels, 'n klein kerkie, 2 restaurante teen die strand en vakansiehuise. Dit is verseker pretensieloos aan die ou kant, maar soos by meeste plekke is dit effens bederf met 'n nuwe landgoed ontwikkeling by die ingang van die dorp. Uit 'n ontwerpsoogpunt voel die dorpie effens perongeluk. Daar is min in die lyn van bakens, of enigiets wat as leidraad dien om jouself te oriënteer. In hierdie geval dink ek Witsand het potensiaal om 'n bestemmingsdorpie te word met egte bekoorlikheid. Witsand se mense, aan die ander kant, is baie vriendelik en aangenaam, en trots op hulle dorpie. Ons sal verseker teruggaan."

Page
Page 11 - Showing 301 to 330

Welcome to LekkeSlaap

Welcome back!

Reset your password?

Join our newsletter!

Create an account to manage your bookings

Log in to your LekkeSlaap account

Enter your email address to get started

Subscribe to receive special offers