Verified Reviews
Vanrhynsdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Vanrhynsdorp
Rated 4.1 out of 5 based on 341 reviews.
"Goed geleë om by oor te bly vir blommekyk, maar ek sal dit nie noodwendig andersins wil besoek nie."
"Die dorp is baie verwaarloos wat jammer is, want die blomme is so mooi gewees en die mense baie vriendelik. Net jammer die munisipaliteit laat die dorp so agteruitgaan. Strate in swak toestand en baie geboue is verwaarloos."
"Die dorp is baie sentraal geleë vir 'n suksesvolle toerisme dorp, maar sukkel bietjie om sy potensiaal te verwesenlik aangesien meeste eiendomme in die sakekern maar uitgeput voorkom."
"Lovely in flower season and good place for a stopover if travelling a longer route."
"Hou winkels en kwekerye langer oop en lok meer voete na julle dorp. Baie stil, maar so 'n mooi dorpie. Ongelukkig bitter baie slaggate in die paaie en is jammer om te sê dat voertuie seerkry a.g.v. munisipale agteruitgang."
"Ek het baie lank gelede die omgewing so groen gesien. Die dorp se paaie is nie in 'n baie goeie toestand nie met verskriklike diep slaggate in Voortrekkerstraat. Die een mooi dorp is baie vinnig besig om agteruit te gaan wat 'n groot jammerte is. Die apteek in die pragtige ou Standardbankgebou voorsien in al jou gesondheidsbehoeftes en die personeel is baie hulpvaardig."
"Not a very friendly place, and very few people knew of Maskam, so rather difficult to find in the dark."
"Oulike dorp met vriendelike mense. Die etes van die hotel kan beslis aanbeveel word."
"Dis 'n uitstekende plek vir toeriste en kuier al ry mens net deur die plek. Die uitsig is pragtig, baie droog, maar die natuur is 'n verwelkoming as jy lief is daarvoor."
"Mense wat hou van die rustige plaas atmosfeer en klein dorpie sal Vanrhynsdorp geniet."
"Skoon dorpie, 'n paar strate met slaggate, verder was ek baie verras oor die dorpie. Restaurant was puik."
"Seisoenaal bekend vir sy blommetoere, maar selfs buite seisoen vele dinge wat jou daar móét laat indraai!"
"Natuurlik in blommeseisoen 'n absolute moet toeristebestemming! Maar selfs tydens ons "buite seisoen" besoek, was daar eindelose interessante toeriste-aantreklikhede!"
"Die 4/5 as toerismebestemming was veral omdat ons wou blomme kyk. Dit is ook perfek as oornagblyplek as jy op pad is nog verder na Springbok ens."
"Ons het gehoop om nog veldblomme te sien, maar die blomtyd was 18, 19 September verby."