Geverifieerde Resensie
Vanrhynsdorp
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Vanrhynsdorp bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 341 resensies.
"Die dorp het baie verrassings. Daar is baie vriendelike mense. Die ou tronk is 'n moet. Jan Tyre is baie hulpvaardig."
"Pragtige dorp met gawe mense. Die Blommemark was wonderlik veral omdat ons daar ontbyt kon nuttig."
"Ons was op `n blommetoer. Dit sou lekker wees as die verblyf plekke inligting het waar blomme gesien kan word."
"Aangename mense in die dorp. Na die agt jaar se droogte is hulle nog net so positief en waardeer die mense wat hulle dorp besoek!"
"Ons was nie eintlik in die dorp nie, meer in die omgewing. Goeie bestemming vir blommekyk."
"A good overnight stop with an adequate range of accommodation and dining options."
"The town itself does not offer much, but the surrounding area has a beauty of its own."
"Ek het nie gelees of enige inligting gesien wat vertel van enige toeriste-aantreklikhede in die dorp nie, aangesien ek vir die eerste keer daar was, eintlik vir 'n begrafnis, maar daar was kans vir besoeke."
"Pragtige natuurskoon, en 'n besoek aan Gifberg is 'n moet vir alle natuurliefhebbers. Vanrhynsdorp het 'n eiesoortige bekoring vir my."
"'n Dorp met vele geriewe en dienste naby aan interessante plekke en dinge om te doen. Die mense is oral vriendelik en behulpsaam."