Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 427 resensies.
"Te veel om oor te praat, hierdie spasie is beslis te klein om alles op te noem, net een woord sal alles opsom: onvergeetlik!"
"Een van die beste strande vir die vissermanne. Altyd 'n plekkie om lyne nat te maak."
"Gaan geniet die skoon strand, baljaar in die branders, 'paddle' e' kano in die strandmeer."
"Veilig en rustige plek. Ons het sommer na al die plekke toe geloop. Dit is als so naby mekaar. Pragtig en netjies."
"Uvongo is nog altyd 'n lekker vakansiebestemming gewees en ons voel steeds dieselfde oor die Suidkus."
"Nog net so mooi soos 30 jaar gelede toe ek die eerste keer my voetspore gelos het op die strand!"
"Alles wat jy benodig is daar en binne loopafstand. Dit is nie so besig soos omliggende plekke nie, maar binne 5 minute is jy op plekke met verskeie opsies."
"Hierdie was ons derde keer in Uvongo. Ons eerste was ons wittebrood, 14 jaar gelede en so 5 of 6 jaar gelede was ons weer hier. Ons hou baie van Uvongo omdat daar 'n hele paar strande in die nabyheid is en sy eie strand is lekker privaat en nie te besig nie. Geniet dit altyd hier!"
"Uvongo is sentraal en naby aan al die ander strande in die omgewing. Daar is 'n heerlike getypoel op die strand en 'n swembad wat werklik goed in stand gehou word."
"Baie lekker dat Shelly Beach, Uvongo, Manaba Beach, Margate en Ramsgate so aaneen loop, met 'n wye verskeidenheid winkels en sentrums te kies en te keur na elkeen se smaak."
"Dis 'n heerlike vakansie naby winkels en die South Coast Mall. Baie eet plekke en strande. Buite seisoen is dit 'n fees!"