Geverifieerde Resensie
Uvongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Uvongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 427 resensies.
"Baie lekker en veilige strand - jammer dat dit weggespoel het net voor ons aankoms."
"Buiten vir die slegte toestand van die paaie, was dit heerlik om aan die Suidkus te kuier. Dis gerusstellend om gereeld die polisie op patrollie te sien, en die swemstrand is lieflik!"
"Baie lekker dorpie, maar sal in die toekoms voorsorg moet tref tot nuwejaarsdag. Meeste restaurante en eetplekke was toe, die verkeer was chaos met absoluut geen verkeersbeamptes of verkeer regulering nie."
"Uvongo het my verbaas, baie lekker plek en strand. Die Pavilion restaurant se kos en cocktails - baie lekker en dan moet nie van The View restaurant se kos en R&R jugs vergeet nie."
"Die dorp is naby alle belangrike fasiliteite. Die strandgebied was ordelik en nie oorvol nie en kindervriendelik."
"Close to everything, lots of restaurants. Crayfish Inn restaurant in Ramsgate just a few kilos down the road, the food was fabulous."
"Beautiful beach with friendly locals and holiday makers. There is a mall with all the well known chain stores and restaurants. Awesome destination for some rest and relaxation."