Geverifieerde Resensie
Transkei
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Transkei bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 235 resensies.
"Geboue lyk pragtig van ver af, maar ver van pragtig van naby af. Natuurskoon egter, is pragtig verby, asook die see-uitsigte asemrowend."
"Bitter klein dorpie, maar bied alles wat mens nodig het. Ek het nie meer verwag nie. Die rit oor die rivier met die pont was 'n aangename verrassing."
"Morgan bay is a lovely holiday destination, only problem is that there is only 1 shop. Could be more places to shop."
"Die Transkei is ongelooflik mooi. Die paaie daarheen is net aaklig. Maak nie saak waarmee jy ry nie."
"Die slaghuis kan verbeter en meer aktiwiteite sal waardeer word."
"A lovely destination with some activities and wonderful beaches. Definitely a destination when you need to unwind and unplug from a busy routine."
"Terrible roads filled with speed humps, potholes and animals."
"Dis soos 'n oase in die woestyn! Die rit oor die Kei rivier met die pond wat 'n belewenis en dan die hotel aan die anderkant was soos 'n weggesteekte juweel. Pragtige ongerepte wêreld! "
"Dit sal baie beter ondersteun word as die toegangsroete in 'n beter kondisie is."
"Unfortunately we did not spend more time there. Very nice location and the views are breathtaking. The Kei - Morgans Bay area is a gem for this country."
"Mooi dorpie vir rustige wegbreek. Heelwat plekke in omgewing om te besoek."
"Alhoewel baie dele van die dorpie vervalle is (lack of maintenance) maak die pragtige natuurskoon van die omgewing daarvoor op alhoewel ons nie gemaklik gevoel het om (buite seisoen) bv. alleen te gaan stap nie. Ons het egter net deurgery en een nag oorgebly so kon nie enige van die besienswaardighede besoek nie. "
"Ongelooflike mooi dorpie, nog een van die plekke wat nie vernietig is nie."
"Pragtig! Heerlike kos, asemrowende landskap en uitkyk opsies, 'n gerieflike winkel waar mens al jou inkopies onder een dak kan doen en pragtige strande. "
"Soveel om te sien, te besoek en te doen in omgewing. 'n Naweek is te kort om alle natuur, uitstappe en sportgeleenthede te beleef. Lokale mense deel graag inligting oor wat en waar."
"Die 78 km wat jy moet ry Koffiebaai toe is nie van die beste nie jy moet tussen 60 en 40 km 'n uur ry, maar dit is verstane, want daar is kinders en rondloper diere. Dit het my nie gepla nie, want ek is met vakansie. Ek het gery na Koffiebaai en toe oor die koppe gery na Hole in the Wall Hotel. Die pad was grondpad, wat nie baie waffers is nie, maar het dit gedoen met 'n voorwielaangedrewe SUV. Beslis was alles die moeite werd. "