Verified Reviews
Stellenbosch
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Stellenbosch
Rated 4.7 out of 5 based on 710 reviews.
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Eendracht Hotel"Snags is dit nogal rumoerig en die karre raas ... maar dan oorskadu die parkeer en stap gerief die rumoer."
"Rustig en asemrowende mooi area. Tog naby al die fasiliteite wat nodig is. "
"Alhoewel dit 'n entjie uit die middedorp is, sal ek dit steeds aanbeveel. Dis 'n "wegbreek" uit die besige studentelewe en 'n baie rustige en stil omgewing. "
"Omgewing is baie mooi en daar is heelwat om te kan sien. Dis ook nie ver van Kaapstad af."
"Nie regtig tyd gehad om Klapmuts te verken nie, maar was darem by butterfly world gewees wat regtig baie mooi was."
"Groen, netjiese omgewing. Voel weg uit die stadsgedruis. Beslis ideaal om te ontspan. "
"Stellenbosch is pragtig! 'n Moet vir enige wyn-liefhebber!"
"Stellenbosch is my hartstad. Ek is so lief vir die atmosfeer en die mense en die natuurskoon. As 'n Pretorianer sal ek enige tyd en enige dag in Stellenbosch verwyl. "
"Dit is maklik bereikbaar en tog so bietjie uit die middedorp se gewoel. Dis natuurlik as jy eie vervoer het."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
107 Dorpstraat Boutique Hotel"Parkeerplek is 'n riller! Bespreek daarom altyd by akkomodasie wat parkeerplek beskikbaar het. Maar as jy so sentraal bly het jy geen vervoer nodig nie."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Eendracht Apartments"Parkering bly maar 'n oorkoepelende problem, andersins heerlik om daar rond te stap en die skoonheid te geniet."
Stellenbosch Central, Stellenbosch
Avenues Guest Lodge"Die restaurante is verskriklik duur. Dit raak tog bietjie duur, as mens die heeltyd moet uiteet. "
"The area is very quiet and safe and completely stunning. I would recommend it to anyone."
"Rustige area, naby aan alles, maar ver genoeg weg dat daar nie geraas en baie verkeer in die woongebied is nie."
"Van Dorpstraat tot al die wynlandgoedere van Stellenbosch, is dit een van my gunsteling bestemmings in Suid-Afrika."