Geverifieerde Resensie
Stellenbosch
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Stellenbosch bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 710 resensies.
"Pragtig! Die middedorp is baie besig. Lekker en interessante eetplekke. Verkeer kan 'n kopseer wees. Te veel bedelaars. Baie min parkering. Definitief 'n moet om te besoek!"
"Pragtige plaasomgewing naby alle dorpe en stede, asook Stellenbosch Universiteit."
"Klapmuts het heelwat wynplase. Die vlinderplaas is 'n moet en as jy iets vir onthaal nodig het, is daar 'n Checkers en drankwinkel so 3 km van die plek af. 'n 24 uur-Pick 'n Pay is ook by die vulstasie beskikbaar."
"Stellenbosch is my alma mater, so ek sal altyd 'n sagte plekkie vir die dorp hê. Dit bly vir my 'n mooi universiteitstad - vandag 'n gebalanseerde mengelmoes van ou goed en moderne ontwikkelinge."
"Ons ervaar Stellenbosch en die Kaap se restaurante as pretensieus en buitensporig duur. Ons mis die warmte van die mense soos beleef in Klein Karoo."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
de Oude Meul Guest House"Groot lawaai van mense en veral motors tot laatnag en weer vroegoggend."
"Klapmuts is sentraal en verskeie interessante plekke is maklik bereikbaar."
"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
"Not enough time in Stellenbosch and surrounds. We will be back to explore and experience more fully what the area has to offer."
"Nice, but very touristic and many noisy students. The surrounding areas however are beautiful."
"Heerlike omgewing van rustigheid weg van die gewoel van die groot plekke. Het werklik rus vir ons siel daar ontvang."
"Wonderlike positiewe ervaring. Sal beslis 'n besoek aan Stellenbosch aanbeveel."
Stellenbosch Sentraal, Stellenbosch
The Stellenbosch Hotel"Dit was mooi om die aand in die strate te loop. Ongelukkig kon ek na-ure nie 'n "kafee" vind om iets te koop nie."
"Stellenbosch is hemel op aarde. Dit het die mooiste berge en daar is soveel om te doen. Mens kan nie verveeld raak nie. Die plek stimuleer jou kreatiewe kant en sal graag eendag daar wil woon."