Verified Reviews
South Peninsula
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in South Peninsula
Rated 4.6 out of 5 based on 232 reviews.
"Kommetjie was vir jare 'n klein kusdorpie met net 'n kafee en 'n kroeg/restaurant en 'n paar kleinerige winkels, maar is besig om uit te brei. Daar is 2 winkelsentrums naby in Noordhoek, Simonstad is net 10 minute se ry, dis 'n uur van Kaap punt af, en 45 min van Kaapstad self. As jy braaf genoeg is om die koue Atlantiese water aan te durf, is daar 'n inham in Kommetjie wat as swemplek dien vir die inwoners, of jy kan 'n piekniek sak pak en Noordhoek se strand besoek. Dit is in my opinie een van die mooiste strande in die omgewing, en is ten alle tye skoon, stil en rustig, en werklik "underrated"."
"Noordhoek strand ongelooflik mooi en Noordhoek 'n lieflike plek, stil met unieke mense en besonderse restaurante. 'n Perdry omgewing soos min."
"A great beach-side town with lots to do and near Boulders Beach (to see the Penguins)."
"Lovely. Lots to do, not overly expensive, friendly people. Great views, great scenery."
"Alhoewel die wind sterk gewaai het terwyl ons daar was, glo ons Noordhoek is 'n lieflik ontspan-bestemming. Mens moet tyd spandeer en die vreedsame, naby-aan-natuur lewenstyl van die plaaslike inwoners inneem. Die ligging, aktiwiteite en weggesteekte kuierplekke is besonders. "
"Baie mooi, ons het gevoel soos toeriste op 'n eksotiese vakansie."
"Vishoek is 'n aangename dorpie en alles wat jy nodig het is stapafstand van die verblyf af."
"Alhoewel Kommetjie weggesteek is agter die berg, is dit tog so sentraal om gou vir 'n rit te gaan oor Chapmans Peak. Jy kan kies om of Simonstad toe te gaan of Houtbaai vir lekker vars vis en skyfies. Dan is daar ook die pragtige strande in die omgewing van Boulders Beach in Simonstad tot Muizenberg is net ongelooflik. Dan is daar ook die Longbeach Mall se lekker eetplekke en winkels. Dit als het gesorg vir die beste vakansie ooit."
Marina Da Gama, South Peninsula
Marina Beach House"Do not change the a thing. No complaints at all."
"Regtig net die verkeer in die oggende as gevolg van padwerke wat nie goed was nie."
"Vishoek is baie lekker stapvriendelik. Die strand self was wonderlik en dis so mooi. Die dorpie het als wat mens benodig as mens jou eie kos wil maak. Die restaurante is min, maar daar is oulike plekkies as mens soek of net 'n dorpie of twee verder ry, glad nie vêr nie. Daar is ook 'n trein wat mens kan gebruik om sommer 'n bietjies van een dorpie na die ander te ry vir uitstappies. Ons sal graag terugkom."
"Good, funky feel, especially with Kalk Bay just down the road. Fantastic for history lovers with Simons Town just down the road the other way."
"I am looking forward to when the roadwork's are completed that would really add to the enjoyment of the trip to Kommetjie."
"Was baie lekker, Net bietjie dood in die aand, en ek haat dit dat restaurante nie water het om net jou hande te was nie, maar anders was dit lekker."
"Die area is baie naby aan omliggende restaurante en maklik om te navigeer. Die huise is ook baie mooi en mens is skoon verbaas met die see, sonsondergang en sonsopkoms. Baie mooi!"