Verified Reviews
Robertson
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Robertson
Rated 4.6 out of 5 based on 525 reviews.
"Did not really tour around, but liked the outdoor restuarants on the main road. "
"Afgesien Robertson heelwat bied, is dit so geleë dat al die omliggende dorpe ook sonder baie ekstra ry besoek kan word."
"Dit was so lekker op die plaas by the Cottages ons het op die ou end min ander besienswaardighede besoek."
"Baie min om te doen na 14:00. Op 'n Saterdag en Sondag is alles, insluitende wynplase, toe. "
"Robertson is 'n ongelooflike mooi dorp en die omliggende wynplase maak dit 'n droomvakansie. Dit is ook naby genoeg aan Struisbaai vir 'n daggie by die see of Worcester indien die winkels jou roep. "
"Puik omgewing om wynplase te besoek en wyn te proe. Inwoners baie vriendelik en behulpsaam. "
"Robertson is 'n pragtige dorp met alles reg daar, dis nie nodig om verder te ry en te gaan soek na iets elders nie. Vriendelike mense. Sal beslis weer daar deurry."
"Robertson is pragtig en daar is so baie om te sien en doen. Uit te kom uit stadsgewoel. Mense is vriendelik en behulpsaam en daar is niks wat jy nie kan kry wat jy benodig."
"Robertson is altyd lekker! As jy nou kamp of in 'n hotel bly, daar is baie om te doen vir die hele familie en die mense is vriendelik. Die weer is partykeer onvoorspelbaar, so neem maar net klere vir elke seisoen."
"Het daar groot geword, altyd wonderlik. Sal baie graag meer tyd daar wou deurbring. Dit bly 'n heerlike ervaring om deur die strate en die distrik te ry. "
"Robertson is die mooiste ou dorpie en ons was so beïndruk met die restaurante! Het bitter lekker geëet! "
"Die plekke om te sien is beeldskoon en hemels en die natuurskoon en gastehuise is baie mooi."
"Rustige plattelandse dorpie met genoeg om jou besig te hou en om die belangstelling te prikkel."