Geverifieerde Resensie
North Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in North Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1974 resensies.
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Maputaland Guest House"It is a great place to visit - interesting and informative."
"Die getypoel is pragtig en mens kan met veiligheid swem. 'n Trekpleister daar is die seelewe binne-in die poel. Die eetplekke is heerlik, asook die paar winkels wat herdenkings verkoop. "
"Shaka's Rock is regtig 'n heerlike vakansie vir gesinne met kinders. Die getypoele is 'n dag se tydverdryf vir die kinders en groot mense kan snorkel en swem."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Forest Lodge"Die beheer en KZN Wildlife kyk mooi na die plek, daar is sekuriteit orals en die dorpie is pragtig. Cape Vidal was een van die beste strande nog waarin ons geswem het, en ons was al by baie strande oor die wêreld."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
St.Lucia Holiday Cottages"St Lucia is stunning! Die dierelewe maak dit 'n baie spesiale plek. Die seekoeie loop sommer in die aande in die dorp en gras vreet. Cape Vidal het die lieflikste strand. Definitief 'n plek vir natuurliefhebbers!"
"Sodwana kort net 'n vulstasie en ordentlike winkels. 'n Mens wil nie altyd betaal om ietsie te gaan koop by die winkel/Spar in die park nie. Maar as jy nie baie wil doen nie en net regtig wil ontspan is dit die regte plek. Vir die tieners is dit te stil en hulle raak verveeld."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Santa Lucia Guest House"Was baie beëndruk met omgewing en ek kon mooi foto's neem - wens julle almal sterkte toe met die droogte - sal graag die omgewing weer wou besoek as dit gereën het. "
"Jammer oor waterbeperkings. Ons het beslis ons deel gedoen. Inkopiesentrums is naby en prakties. Was net baie besig. Mense is baie vriendelik."
"Elektrisiteit is die area is baie goor en wisselvallig, gelukkig het Dumehlezi 'n groot generator wat automaties aanskakel wat dinge baie vergemaklik."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Luxury Tented Village @ Urban Glamping"Was 'n ongelooflike ervaring om die seekoeie snags in die strate te sien. "
"Baie waarskuwings gekry oor hoe jou goed gesteel kan word, en dat mens nie te waardevolle goed moet saamvat nie, maar het darem nie 'n slegte ervaring gehad nie. Dit is baie mooi en baie lekker by Sodwana. Sien uit om terug te keer eendag."
"Ek het net 'n restaurantjie op die strand gemis waar mens kan gaan sit en 'n ietsie eet of 'n ietsie drink. Of selfs 'n roomysplekkie wat draairoomys verkoop. Ek weet nou nie hoe dit binne seisoen is nie, maar daar is geen restaurant op die strand nie."
"Lekker rotspoele vir kleintjies om in speel en getypoel vir swem. Branders bietjie te rof. Ideaal vir gesin, lekker visvang vir die manne."
"Ons ken Richardsbaai al baie jare. Die weer is middelmatig. Voordat dit te warm word dan koel jy af met 'n windjie of reën."
"Dit was kleiner as wat ek verwag het. Nie 'n slegte ding nie. Wens net mens kon veiliger gevoel het. Ek moes die lug uit my bande blaas om op die strand te ry, maar toe ek die bande wou opblaas is daar net een plek om dit te doen en hulle kon ook nie help nie. Is net vertel die lug is op en dat ek Mbazwana toe sal moet ry. Nie iets wat ek graag wou doen met pap wiele. Sou gedink het hulle sou in hierdie opsig beter voorbereid gewees het."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Gerda's Place"Ons was basies op 'n voëlkyk vakansie en die bos en omgewing het 100% voldoen aan ons verwagtinge. "
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
Leopard Corner Lodge"Excellent. Did some whale watching, hippo watching and crocodile watching."
St. Lucia-riviermonding, Noordkus
St Lucia Ocean View Lodge"Pragtige dorp. Vriendelike mense. Waarde vir geld!"