Verified Reviews
Namaqualand
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Namaqualand
Rated 4.3 out of 5 based on 1086 reviews.
"Wonderlike natuurskoon om te besigtig, plattelandse atmosfeer om in te neem. Skoon lug!"
"Die dorp beskik oor die nodige winkels wat 'n reisiger benodig om voorraad aan te vul."
"Top bestemming vir blomme-kyk. Pragtige omgewing en vriendelike mense. Spergebiet is uit die dorp maar naby genoeg sou iets kort. Naby Goegap waar daar nie altyd akkommodasie beskikbaar is nie."
"Daar is veel meer aan Namakwaland as net blomme. Daar is ongelooflike mooi natuurskoon, bergpasse en geskiedenis. En dan ook die mense!"
"Dis 'n goeie wegspringplek vir baie geleenthede in die omtrek. Checkers is goed en die Springbok Cafe se boeke is uitsonderlik."
"Stunning flowers. If you go to Springbok for flowers you must go to Nababeep. They are amazing there."
"Kleinzee is 'n heerlike wegbreek van die gewoel van die besige stadslewe. 'n Kans om weer te onthou hoe dit was toe jy nog al jou bure geken het, en toe daar nog 'n omgee was vir mekaar. Toe jy nog moes wag vir markdag. En wanneer die hele dorp bymekaarkom vir sportdag. 'n Lekker kykie in die goeie ou dae."
"Die dorpie self is maar redelik verwaarloos en daar is nie eintlik 'n winkel om van te praat nie. Ekonomies gaan dit maar swaar. In die blommeseisoen verkoop die NG Kerk vleis en gebak by hulle saal om geld in te samel. Die omgewing is asemrowend mooi en daar was 'n "restuarant" in Soebatsfontein se Kerksaal waar ons die lekkerste melkskommels gedrink het."
"Wat 'n pragtige deel van ons land. Die blomme is 'n bonus, maar die landskap en rustigheid is eintlik waarvoor mens moet kom."
"Slegs in blomtyd, en as die geluk jou tref dat dit 'n herder sonskyndag is sonder wind, wolke, ens. dan is die "blomme-ervaring" in omgewing van Nababeeb onbeskryflik en onvergeetlik."
"Garies is 'n pratige dorpie met die vriendelikste inwoners omring met die mooiste natuurskoon."
"Kamieskroon is in 'n pragtige omgewing geleë en is die perfekte basis om die Namakwaland-blomme te gaan kyk."
"Alhoewel kleinsee 'n klein plekkie is en grondpad en baie ver van ander plekke het ons ons geniet."