Verified Reviews
Montagu
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Montagu
Rated 4.6 out of 5 based on 507 reviews.
"Was vir ons heerlik om in so ouwêreldse dorpie te stap en te kuier! Oulike restaurante en vriendelike mense!"
"Montagu is 'n baie rustige dorp. Daar is baie plekke naby om te besoek en dinge om te doen."
"Montagu is 'n pragtige dorpie. Heerlike restaurant, padstalle en koffiehuise om van te kies en te keur. Net 5 minute buite Montagu is 'n "animal sanctuary" wat lieflik is vir kinders. Saterdagoggend se markie op die dorp moet jy ook nie mis nie!"
"Dit is ons eerste keer in Montagu en kan nie wag om terug te kom vir 'n langer periode nie!"
"Die nuwe 'beach pool' by die Guano Caves net buite Montagu was net so groot teffer by ons kinders. Pragtige skoon swembad met hele paar 'slides' en tot 'n platform vir brawes om af te spring en area langs die swembad om uit te span."
"Iets van alles: natuur in die dorp, goeie museums, mooi kerkgebou, goeie eetplekke en lekker droë perskes."
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "
"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "
"Al die restaurante, winkels en padstalle bied uitstekende verskeidenheid en waarde vir geld."