Verified Reviews
Middelburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Middelburg
Rated 3.5 out of 5 based on 208 reviews.
"I wouldn't describe it as a travel 'destination' but rather a critical stopover point for travellers from Gauteng to the Eastern Cape or Garden Route/Klein Karoo area. In my opinion, it's a superb 'captured market situation."
"Very quiet Karoo town. Looks like the type of place where you can go for long walks and just enjoy mother nature."
"Soos meeste plattelandse dorpe deesdae is die infrastruktuur nie in 'n goeie toestand nie. Middelburg is 'n gerieflike middelpunt vir oornag van Kaapstad na Gauteng as jy die besige N1 wil vermy. Die reis deur die platteland is baie mooi en die paaie van Kaapstad kant af is relatief goed."
"Paar pragtige huise, dwars strate is vol slaggate soos meeste klein dorpies."
"Inwoners is baie trots op hulle dorp en staan saam om paaie te herstel en dorp netjies en skoon te hou."
"In the middle of nowhere, took turn off N1 back to Cape Town. Good place to stop and rest."
"Daar is nie regtig iets in die omgewing te doen nie. Dit is definitief meer 'n oornagbestemming op 'n lang roete en nie regtig 'n toerismebestemming nie."
"Slegs deur Middelburg gery, nie op 'n ander plek in die dorp gestop nie."
"As 'n oornagbestemming, hetsy van die Noorde, Suide of Ooste, is die ideaal."
"Dorp en paaie is baie vervalle en vol slaggate. Eetplekke is skaars en die restaurant by die hotel waarna ons verwys is, se kos was swak. "
"Behalwe vir slaggate in die paaie, wat maar orals huidiglik in die land 'n probleem is, het ons dit baie goed ervaar. Selfs Karoo se restaurant se kos was heerlik!"
"Die dorpie is maar verwaarloos, maar almal op die dorp probeer om paaie op te knap en dit 'n beter plek te maak. Ek haal my hoed af vir hulle. Met ons aankoms was daar 2 groot vragmotors wat die dorp versper het a.g.v. goedere wat afgeval het en ons kon nie daar ry nie. Een van die boere het ons om die dorp gelei sodat ons by ons bestemming kon uitkom."
"Dit is 'n stil dorpie. Ons het nie lank genoeg gebly om die dorp mooi te verken nie. "
"Soos vele plattelandse dorpe in Suid-Afrika, is dit jammer dat die dorp en paaie uitmekaarval. Dit is eintlik tragies maar mens kan sien privaat ondernemings probeer hul bes om dit staande te hou."