Geverifieerde Resensie
Middelburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Middelburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.5 uit 5 gekry volgens 208 resensies.
"Ek het Middelburg nie as toeris besoek nie, maar my 3 dae lange verblyf was aangenaam met hulpvaardige en vriendelike mense."
"Soos baie ander plattelandse dorpe sal die owerheid moet aandag skenk aan die infrastruktuur in Middelburg. Daar was nogal heelwat gate in die teerpad op pad na die gastehuis."
"Dis 'n lieflike plek om te oornag wanneer jy ook al van Bloemfontein of George ry om oor te bly."
"Vir my persoonlik: halfpad vanaf Mpumalanga na Knysna. Sal weer as geleentheid voordoen op Middelburg oornag ."
"Gemaklike oornagplek as mens vêr moet reis. Nie rerig 'n toeristebestemming nie, maar gerieflik geleë, amper halfpad na enige bestemming."
"Dit is n tipiese Karoodorpie met heelwat ou gerestoureerde huise direk op die straat wat vir ons baie mooi was. Ons het 'n draai deur die dorpie gery en dit lyk netjie. Daar is 'n paar eetplekke en ook is daar winkels vir kosaankope."
"Middelburg is so maklik geleë en het alle nodige winkels en eetplekke beskikbaar. Historiese dorpie en interessante nabygeleë plekke om van daar te besoek."
"Ek glo Middelburg het voldoende geriewe om met Colesberg en Graaff-Reinet te kompeteer."
"Die Biltong Deli se Karoo lamtjoppies se pryse is baie billik. Droëwors ook baie lekker."
"Merk van straatname sodat die inligting leesbaar is, sou aanbeveel kon word. Raak rof as mens moet raai wat daar in wit op 'n ligblou agtergrond geskryf staan."
"Ons het dit net as 'n oornag fasiliteit gebruik en was heeltemal tevrede daarmee. Dis 'n rustige ou dorpie en die ou geboue en robot wat nog werk, vertel 'n verhaal van toeka se dae."