Verified Reviews
Ladismith
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ladismith
Rated 4.2 out of 5 based on 93 reviews.
"Dit wat ons gesien en gehoor het, het ons laat besluit om vir langer terug te kom om meer van die omgewing te siene te kry. Ons het ten minste lekker kaas gekoop by die Parmalat fabriekswinkel."
"Klein dorpie, baie potensiaal, ons sien veranderings aan geboue, het by splinternuwe restaurantjie middagete geniet, historiese gebou! Natuur is pragtig."
"Ladismith is a small town with its own attractions and interests and we did not spend much time there. I think it would be unfair to give it less than 5 stars."
"Pragtige plek met mooiste berge en vriendelikste mense gaan eet by Kannaland en beleef die gasvryheid eerstehands."
"Ladismith is 'n klein dorpie, was nogal teleurgesteld dat mens nie Ladismith Kaas mag besoek of daar koop nie. Maar daar is 'n Parmalat Factory Shop in Ladismith - dis beslis die moeite werd om daar te stop. "
"Die dorp Ladismith is nie veel om na uit te sien, maar die omgewing is fantasties."
"Ons geniet die dorp vreeslik baie, Vyver's Rus is die kersie op die koek!"
"Mooi omgewing met die berge en bergpasse. Hou van die wingerde in die valeie. Goed om dagreise te doen. "
"Ladismith is naby genoeg vanaf Vyver's Rus, het heerlike middagete gehad by Hillock Wines."
"Mooi omgewing en interessante dorpie, maar daar is nie baie toeristebestemmings op die dorp self nie."
"Ladismith is 'n interessante dorpie. Gaan eet gerus by Kanna Karo en die Klein Karoo Kombuis - uitstekende kos en waarde vir geld. "
"Die dorp bied nie veel om te sien, maar die area rondom dit en die is gastehuis absoluut die moeite werd."
"Besoek Klein Karoo Kombuis vir 'n baie lekker middagete en uitstekende diens."
"Oulike dorpie, paaie bietjie aandag nodig in die dorp, maar mense vriendelik."
"'n Pragtige dorp met die mooiste ou huise. Die restaurant wat ons besoek het, het die lekkerste appeltert en roomys gehad en die diens was vriendelik. Ons het deur Seweweekspoort teruggery en alhoewel dit amper deur 'n veldbrand verwoes was, herstel dit goed en gaan dit oor 'n paar jaar weer een van die mooiste natuurwonders van ons land wees."