Verified Reviews
Ladismith
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Ladismith
Rated 4.2 out of 5 based on 93 reviews.
"Dink dit is die moeite werd om omgewing te sien. Rond te ry en prag van omgewing te ontdek. Veral Seweweekspoort."
"Heerlike stap- en fietsryroetes, ons het ure in die berge rondgestap. Die mense in die dorp was vriendelik en die biltong en kos heerlik!"
"Dit is baie mooi daar, die motors en vragmorots ry net soos mal goed deur die dorp."
"Stil dorp, maar het baie aan die gang soos kaas en vrugte. Op roete 62 en maklik bereikbaar."
"Ladismith is 'n pragtige dorpie en omgewing. Het baie toeriste potensiaal. "
"Het die poskantoor se "Sentrale sit my deur" vir die eerste keer in lewende lywe gesien!"
"Ladismith is 'n baie mooi en gemaklike klein dorpie met 'n baie mooi area."
"Ladismith het maar nie veel om te doen behalwe 'n paar wynkelders/koffie winkels nie. As jy op 'n vakansie is waar jy daagliks iets wil doen stel ek 'n ander toeristebestemming aan."
"Die bekoring van Ladismith is die sjarme van die dorpie, sonder om toeristerig te wees. Dié plek sien ons beslis weer!"
"Ladismith, die dorpie self het ook pragtige bekoring. Hoewel ons net die strate heen en weer gery het, glo ek om die straatjies met sy pragtige huise en ou argitektuur te voet te doen sal heerlik wees. Die Klein Karoo dorpies vat mens weer terug in tyd en alles loop baie lekker stadiger daar - soos dit moet! Ladismith is ook baie naby aan Calitzdorp, Oudtshoorn, Barrydale en Montagu - om nie te praat van die pragtige Swartbergpas nie!"