Geverifieerde Resensie
Kakamas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kakamas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 167 resensies.
"’n Baie oulike plek, en ’n draai by Die Pienk Padstal is beslis ’n moet!"
"Undertones of racial tension and divide can still be felt in certain parts of Kakamas."
"Dit was baie droog, maar die mense het oor en oor vir dit vergoed! Besoek gerus die Pienk Padstal!"
"Kakamas is in die middel van al die wynkelders en baie mooi omgewing."
"Die paaie is in 'n slegte toestand en die dorp is maar baie vuil. As die munisipaliteit iets aan die toestand van die dorp kan doen is daar regtig baie meer potensiaal vir die toekomstige toeriste wat Kakamas wil besoek."
"Oulike plek. 'n Besoek aan die watervalle 'n moet. Ek dink net die Pienk Padstal is bietjie overrated."
"Nee kyk dis tussen niks en nêrens, maar 'n great plek om te rus op die lang reis na die bo Wes-Kaap. Die Pienk Padstal was so oulik!"
"As jy daar gaan besoek aflê en nog nie by Riemvasmaak was nie, gaan gerus as jy 'n voertuig het wat daardie pad kan aandurf. "
"Mooi skoon klein dorpie. Die nuwe Spar was 'n aangename verrassing. Ons het by die Spar die lekkerste sosaties en wors gekoop om te braai. Het ook 'n draai by die Pienk Padstal gemaak, vars droë perskes, dadels en rosyne gekoop. Die Augrabies-waterval is 'n moet."
"Die Pienk Padstal is beslis 'n stop wat jy moet doen. Augrabies is ook naby genoeg."
"Die nabyheid van die Augrabiesvalle maak dit die moeite werd. Ons het nie baie van die dorp beleef in die tydjie wat ons daar was nie, maar dit is die moeite werd om daar te stop."
"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"