Geverifieerde Resensie
Kakamas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Kakamas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 167 resensies.
"Naby aan Augrabies Waterval. Wynliefhebbers, daar is heelwat kelders met goeie plaaslike wyn. "
"The place itself is not bad locals are friendly and helpful although the local amenities close early on weekends forcing one to drive to Upington."
"Kakamas is an overnight destination for people travelling on the N14, and a hub for those visiting Augrabies. It has a few interesting visits, and is clearly trying to establish itself as a holiday destination."
"Goed geleë om area te kan verken asook Augrabies Valle. Dorp het alles wat jy kan nodig kry om te kan aankoop."
"Ons het Kakamas baie geniet. Daar is baie om te sien en te doen in die omgewing."
"Ek dink nie daar is te veel om te doen nie, maar Kakamas is 'n gerieflike plek om oor te slaap as mens via Springbok ry op pad Kaap toe of terug. Ons het baie lekker geëet by oulike restaurantjie Café Ziba."
"Kakamas is 'n klein dorpie, maar 'n groot juweel. Naby genoeg om te ry na interessante dinge in die omgewing."
"Daar is heelwat te sien in die omgewing, veral as jy bereid is om die grondpaaie te ry. Die dorp se paaie is in baie swak toestand. Daar is egter 'n lekker groot Spar en paar eetplekke. Die mense van die omgewing is baie vriendelik en gesels graag."
"Lekker naby die Augrabiesvalle en ons het 'n bietjie wyn gaan proe. Mooi groot dorp."
"Die Mas is vir seker 'n moet as mens in Kakamas kuier. Mooi omgewing. Die Pienk Padstal ook vol lekker bederwe."
"Gerieflik naby Augrabiese valle, Riemvasmaak, Die Mas en verskeie ander eetplekke en besienswaardighede."
"Opvallend hoe skoon en netjies die dorpe in die Noord-Kaap is in kontras met van die ander dorpe tydens ons reis na Augrabies."