Geverifieerde Resensie
Johannesburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Johannesburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.1 uit 5 gekry volgens 773 resensies.
"'n Mens sien elke keer iets anders daar en die gastehuise is naby al die plekke waar jy wil wees."
"Brackenhurst area baie geleë area. Kan nie meer uitbrei oor Johannesburg nie. Het nie enige plekke regtig besoek nie."
"'n Wêreldstad in Suid-Afrika op die voorstoep van die beste wat Suid-Afrika en ook Afrika bied."
"Dis is vir my te besig as 'n vakansieganger. Maar daar is baie te doen en te sien. Ek het vir werkverpligtinge oorgeslaap."
"Ek is 'n bosveld-mens, ek sal slegs na JHB reis indien dit noodsaaklik is. "
"Ek kom van die Kaap so vir my is Johannesburg nie veel van 'n toerismebestemming nie."
"Boksburg kan die middelpunt wees om Gauteng te verken."
"Nie meer veilig nie. Voel nie gemaklik om daar te ry nie en bang om alleen in winkels te gaan."
"Bly maar woelig en handhaaf chroniese gevoel van weerloosheid waar dit by persoonlike sekuriteit kom. Deelkrag help nie in dié verband nie."
"Vir die doeleindes waarvoor ons daar was sou ek dit as 'n toeristebesoek beskou, maar dit is steeds vir my te kommersieel om as 'n werklike toeristebestemming beskou te word."
"Ek het 6 jaar terug daar gewoon. Die plek gaan maar agteruit soos alles anders."
"Uiteetrestaurante maak nie voorsiening in sekere dele vir mense wat nie Halaal is nie. Hulle verskaf geen drank saam met aandetes nie en bedien ook geen vark, spek en eiers in die oggende nie. Toeriste moet tog die opsie hê om te kies."
"Ons kan die agteruitgang sien as ons kom kuier. Dit is net te besig en te woelig."