Geverifieerde Resensie
Jeffreys Bay
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Jeffreys Bay bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 777 resensies.
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Vir 'n eerste besoek, sal ek definitief weer gaan. Daar is steeds dieselfde atmosfeer wat die blommekinders van weleer aangegryp het. Ek kan verstaan hoekom hulle na so 'n stukkie paradys in ons land sou ontglip het. "
"Jeffreysbaai is wonderlik ... lieflike swemstrand en ideaal vir lang stappe op die strand. "
"Jeffreysbaai het al my verwagtinge oortref. Die swemstrand was skoon en die restaurante heerlik. Perdry by Papiesfontein was goed."
"Wavecrest is gerieflik geleë, dit het baie veilig voorgekom, dit is naby strand. Ons was meer vir besigheid in Jeffreysbaai, maar ek glo dat dit 'n baie lekker vakansiebestemming is - naby alles."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
17 Claptons"Is 'n pragtige rustige plek. Net jammer dat gaste nie self deur hekkie na see kan gaan nie. Jy moet bel dat iemand vir jou kom oopsluit. "
"Ons kom heeltemal te veel daar, ha ha! Kry nie kans om ander plekke te sien nie. Geniet Jeffreys vreeslik baie. Was nou twee keer binne 6 maande daar."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Milkwood 218"Dis nie in Jeffreysbaai nie en jy moet deur 'n informele nedersetting soontoe ry."
"Nice, but apparently power outage are common in the area, so I would propably not visit again soon."
"Baie pragtige bestemming maar die weer was nie so lekker nie. Ons kla nie want ons land het reën nodig."
"Die hele gesin het Jeffreys vreeslik geniet. Groot strande en vriendelike mense. Was regtig baie lekker."
Marina Martinique, Jeffreysbaai
Marina Martinique B&B"Dit is goeie waarde vir geld en gaste word selfs per boot by die gastehuis gehaal om by die Marina Wharf te eet, en glo my die kos daar was so lekker dat ons 3 aande in 'n ry daar gaan eet het. Marina Martinique kry 12/10 vir hulle verblyf."