Verified Reviews
Dwarskersbos
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dwarskersbos
Rated 4.7 out of 5 based on 237 reviews.
"Die basiese benodigdhede kan jy sommer op die dorpie kry en as jy regtig meer benodig, is Velddrif om die draai. Die plaaslike restaurantjie bied ook goeie waarde vir geld. "
"Die dorp is heerlik stil en skoon. Lekker om bietjie weg te kom van die stad se gejaag. Sal definitief weer teruggaan Dwarskersbos toe in die toekoms. "
"Baie mooi plekkie om te besoek. Jy voel werklik veilig hier. Dis ideaal as jy wil wegbreek van die stad se woelinge sowel as al die tegnologie waarmee ons heeldag gebombardeer word. As jy jouself kan vermaak, is dit die plek vir jou."
"Kilometers lieflike strand sonder veel mense. Naby en ver genoeg van dorpsarea. Het algemene handelaar met als wat jy nodig het. Tien minute per motor van ander dorpsgeriewe. "
"Die beste vakansieplek aan die Weskus! Vir my is hier baie kinderjare-herinneringe. Sal altyd weer besoek."
"Pragtige klein dorpie met vriendelike mense. Laaiplek se Spar is meer as wat jy nodig het. "
"Dis 'n rustige Weskusdorpie met onbeperkte stap en swem strande, afgerond met die pragtigste sonsondergange denkbaar."
"Baie rustige vissersdorpie. Ideale plek om te gaan rus as jy wil wegkom van die besige stadslewe."
"Dit is net een van daardie bestemmings wat alles het. Skoon strande en genoeg in omgewing om te doen."
"Dwarskersbos is idyllic - so peaceful and soothing to one's soul! I love the Greek style white houses, low walls, no need for excessive security, no through traffic and friendly residents. Definitely a favourite place in South Africa for me!"
"Dis in die hartjie van die Weskus, naby verskeie ander strande met goeie seekos, bekostigbare pryse en gasvrye, dier-vriendelike weskus gemeenskap. 'n Ware stukkie paradys."