Geverifieerde Resensie
Dwarskersbos
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Dwarskersbos bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.7 uit 5 gekry volgens 237 resensies.
"Die area het pragtige natuurskoon. Die rustigheid van die area maak dit 'n plesier om daar te bly. Dwarskersbos word ten sterkste aanbeveel vir oornagverblyf of vakansie."
"Dwarskersbos is a beautiful little village with a stunning beach. If you want a place to rest and renew your soul this is the place. It is paradise."
"Lieflike omgewing! Rustig en pragtig. Kan nie glo dat daar nog nie groter winkels op die dorp geplaas is nie. Dit sal voorwaar 'n aanwins wees vir die dorp."
"The little town is little but the surrounding towns has it all. We enjoyed the long walks and friendly people of the area. "
"Pragtige, rustige plek. Baie vrolike mense wat die heeltyd groet. Een seun skree sommer "Hallo, Oom!" Was net in my noppies om te sien die goeie maniere wat die jong seun het. Dankie almal in Dwarskersbos. Ek my naweek sommer baie baie geniet daar."
"Dwarskersbos het die laaste paar jaar geweldig uitgebrei, met rye en rye vakansiehuise en nog baie meer ontwikkelings wat beplan word. Dit is dus nie meer die piepklein, doodstil Weskusdorpie wat dit eens was nie. Die strande is egter steeds toeganklik en mens kan baie ver stap op die wit sand. Daar is oulike restaurante in Velddrif, bv Teyana's is op die rivier met 'n pittige musikant en lekker kos. Halfpad Velddrif toe is So-verby restaurant - 'n juweel met 'n lieflike see-uitsig, lekker kos en pragtige kunswerke. Ry gerus Lambertsbaai se kant toe en stop by die Skooltjie Padstal vir plaaslike produkte. Vars vis kan gekoop word by die NOSSAP winkels in Velddrif, maar as hulle toe is (bv. Saterdagmiddag en Sondae) kan die gevriesde vis by die gerieflike Velddrif Spar aanbeveel word. Die Spar het goeie kwaliteit vrugte, groente en wye verskeidenheid kruideniersware. Die gawe mense by Dwarskersbos se plaaslike Mini Mark het ook basiese benodighede bv. hout en roomys."
"Mooiste, rustigste, veilige en skoon dorpie met die vriendelikste mense. Ek sal permanent daar kan bly."
"Our favourite place on earth! An oasis on the West Coast, with a Mediterranean-village feel and beautiful beach."