Verified Reviews
Dinokeng
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Dinokeng
Rated 4.4 out of 5 based on 445 reviews.
"My first visit to Dinokeng and what an awesome surprise. Definitely a weekend or holiday destination with plenty of accomodation from camping to sophisticated lodges/hotels. Animals in abundance and bird life amazing."
"Fantasies om die groot 5 so naby die stad te kan beleef. Ons het die olifante so geniet en dit was 'n absolute belewenis om dit so naby te kon belewe en Dinokeng is absoluut 'n moet vir elke besoeker aangesien daar so baie wild is om te sien."
"Ons het 3 van die groot 5 gesien tydens ons 3 dae se ry in die Park. Ons was selfs gelukkig genoeg om die leeus by 'n vangs te sien vreet. Dinokeng sal ons Johannesburgers definitief weer sien. "
"Die rigtingaanwysers is baie goed. Buiten koedoes en rooibokke het ons min ander diere gesien. Die geblaf van honde by omliggende opstalle was steurend in die nag. Dit doen afbreuk aan die wildervaring. Dinokeng is 'n park-in-wording en sal baat by deeglike oorhoofse beplanning van die pad vorentoe. Die draadomheinings van die weermagbasis en talle ander privaat wildkampe doen vreemd aan en voel uit pas met die die res van die reservaat. "
"Ek verstaan daar moet 'n geldjie betaal word om in die reservaat te ry, maar as jy in Dinokeng oorbly kan afslag gegee word aangesien mens reeds betaal het vir verblyf. As dagbesoeker dink ek die prys is billik. Oor die algemeen is die reservaat baie groot en ons het baie diere gesien."
"Uitstekende toeriste oord. Baie wild om te besigtig. Baie oorde rondom Dinokeng. Skakel af van alledaagse lewe en geniet die natuur en diere."
"Ons het in die natuurreservaat gery en dit was baie lekker. Het wel min diere gesien a.g.v die weer. "
"Die reservaat is groot genoeg vir jou om baie lank daar binne in rond te ry, alhoewel die kaart opgedateer moet word om nuwe en paaie wat verander het beter aan te dui. Die personeel by die hekke en veldwagters is baie behulpsaam."