Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1685 reviews.
"Ons het van die eetplekke geskakel om kos te bestel en geen antwoord die Sondagmiddag tot die aand gekry nie. Jy is moeg van die aanmekaar ry, en wil nie nog op en af ry opsoek na kos nie, veral as jy nog bejaard is. Stedelinge is bederf en gewoond aan diens op Sondae by eetplekke. KFC se diens het daarvoor vergoed."
"Eerste besoek aan Colesburg. Ons het padaanwysings gevra na die plaaslike museum, die man het hom self voorgestel as 'n ene Ernie wat n motorherstel besigheid besit. Hy het gevra ons moet asb saam hom stap as ons hou van outentieke goed. Dit was vir ons net een te veel want waar kry mens nog sulke gasvrye mense. Wat ons daar gesien het was al klaar n stap in die verlede. Ons het dit opreg waardeer dat hy sy plekkie waar hy hordes oudhede bewaar met ons gedeel het. Die meeste mense is vriendelik en groet mens of hulle ons ken. Beveel mense aan om oor te slaap in Colesberg."
"Die boerbokke wat so in die strate loop was vir my te skattig. Die winkels is gerieflik naby geleë aan Chrizaan."
"Die perkfekte oornag dorp. Dorp was mooi skoon en mense vreeslik vriendlik. As jy hou van rustig wees en die natuur bewonder sal mens maklik vir 'n week hier kan vertoef!"
"Het die mooiste sonsondergang in die Karoo gesien. Die foto wat ek op facebook geplaas het, het gelyk soos 'n skildery."
"Goed geleë om reis halfpad tussen ons en Kaapstad te halveer. Die motorhawe is nie sleg nie, maar die winkeltjie is nie aan te beveel nie."
"Ons het Saterdagoggend heerlik in die winkels rondgedwaal en lekker mooi goed gekoop, baie beslis aanbeveelbaar."
"A beautiful little town. I have been travelling through Colesberg for many years (night time) and am sorry that I never thought of going through the town. But I can assure you that since my recent stay there, it definitely won't be the last that Crane Cottage sees us. Thank you again."
"JC Restaurant is a must! Friendly owners and excellent food. The lamb chops and neck was superb!"
"Colesberg is beslis vir enige toeris wat 'n bietjie wil wegkom uit die alledaagse gewoel en gejaagdheid."
"Pragtige ou dorp, met mooi bewaarde ou geboue en huise. Dit was mooi om te sien hoe die huiseienaars moeite doen met hul tuine en selfs die sypaadjies verfraai met plante - dit spreek van mense wat omgee vir hul omgewing!"
"Ongelukkig het ons in die aand aangekom en vroeg weer vertrek, sal graag die dorpie in die dag wil beleef."