Verified Reviews
Colesberg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Colesberg
Rated 3.9 out of 5 based on 1685 reviews.
"Ek het nou nie gaan rondry deur Colesberg nie, maar dit lyk na 'n stunning klein dorpie, en dit wat ek gesien het, lyk pragtig, die strate was skoon. En die kerkklok wat lui."
"So rustige dorpie in die middel van die lang pad Kaap toe. Sal altyd daar bly van nou af."
"Colesberg as toeriste bestemming is ideaal geleë, as hul Toerisme Buro die dorp en distrik bemark, sal besoekers 'n verdere nag oorbly."
"Jammer om te sê, maar Colesberg is ook een van die slagoffers van swak munisipale bestuur."
"Die dorpie is 'n toonbeeld van ouwêreldse sjarme en nostalgie. Die mense in die dorpie is baie vriendelik en die kos puik."
"Dit is vir ons 'n baie lekker plek om oor te slaap op pad Kaapstad toe of terug."
"Ek ken nie die dorpie nie, maar dis perfek om halfpad vanaf die Kaap tot Gauteng te oornag."
"Colesberg is 'n lieflike dorpie, waar jy veilig voel, kan saans winkel of na n eetplek toe tap sonder om die heeltyd oor jou skouer te moet kyk wie volg jou. Lekker halfwegstop Kaap toe."
"Colesberg het lekker restaurante, Plattelander is puik! Strate is mooi skoon, geen rommel. En van die ou huise is mooi instand gehou."
"Colesberg is 'n goeie plek om 'n tussenstop te maak, maar nie 'n plek om 'n paar dae as toeris deur te bring nie."