Verified Reviews
Bloemfontein
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Bloemfontein
Rated 4.1 out of 5 based on 1517 reviews.
"Ek hou baie van Bloemfontein. Die middestad is net bietjie verwaarloos, maar so is alle middestede van die land."
"Ons geniet dit om in Bloemfontein te kuier. Heerlike plattelandse gevoel, maar met alles wat jy nodig het."
"Die Nasionale Botaniesetuin is pragtig. Die feit dat die restaurant by die Botaniesetuin gesluit is "weens omstandighede" is hartseer. Bloemfontein het baie potensiaal as 'n aantreklike toeristebestemming."
"Daar is baie om te doen. Net baie rywerk, maar sal altyd Bloemfontein toe gaan."
"The Woman and Children's War Memorial and Museum was outstanding. We also enjoyed Naval Hill but a lot more could be done with it eg. a restaurant. Sadly the roads were in disrepair."
"Ongelukkig is Bloemfontein glad nie meer die stad wat ek onthou het toe ek daar grootgeword het nie. Die strate was met vullis bestrooi, die pragtige geboue verniel en onversorgd en by ons bly steeds die vraag "Waarom moet Fidel Castro se beeld voor die Sand du Plessis kompleks staan?". Die enigste ligpunt was die Franklin wildreservaat bo-op Naval Hill."
"Bloemfontein beskik oor baie goeie teaters. Dit is veral heerlik om te besoek wanneer daar 'n fees aangebied word."
"Ek was regtig teleurgesteld in die mate waartoe die sentrale sakekern van Bloemfontein verval het! "
"My grootwordstad. Is daar gebore. Beïndruk met die Bayswater-sentrum. Het al ons inkopies daar gedoen. Bloemfontein as stad het baie agteruit gegaan. Hartseer om te sien. Het 2 jaar terug Vrouemonument besoek. Museum indrukwekkend."
"Ons het die netjiese deel van Bloemfontein gesien en was baie beïndruk. Ons familie daar vertel dat dit ook maar soos ons tuisdorp is met baie uitdagings i.v.m. met netheid op plekke en natuurlik die krag wat afgaan."