Geverifieerde Resensie
Beaufort West
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Beaufort West bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4 uit 5 gekry volgens 1369 resensies.
"Ek het nog familie in Beaufort-Wes, maar die plek het baie verander, die geboue word baie nalatig behandel. Beaufort-Wes was 'n baie mooi dorp, dit kan weer wees as mense saamwerk."
"Die pad is wel deels grondpad, maar was in 'n goeie toestand. Geen probleem vir ons SUV nie."
"Daar is glo baie dwelmmisbruik onder die plaaslike gemeenskap, wat hoë misdaadsyfers tot gevolg het. Was al by die Karoo Nasionale Park wat pragtig en baie interessant was. Pragtige berge rondom Beaufort-Wes. Die goedkoopste diesel hier gekry in Beaufort-Wes. Die dorp het pragtige ou geboue en huise en 'n ryk geskiedenis. Chris Barnard is hier gebore en sy huis is 'n museum hier. Die mense by Spur is baie vriendelik en hulle kos is goed."
"Beaufort West is a beautiful town with the most lovely sunsets and some nearby nature, be careful of some of the potholes."
"Baie besige deur-roete tussen JHB en Kaapstad. Goed geleë vir oornagrus tussen die twee stede. Meer as genoeg gastehuise en eetplekke in die dorp."
"Ek dink daar moet meer gefokus word dat meer mense wat op die lang N1 reis in Beaufort-Wes oornag ."
"Would like to visit the museum next time we are there. There are plenty accommodation options as well, both in the town and close by."
"Die dorp is klein en eetplekke min, veral as jy 'n toeris is wat na 'n lang pad iets wil kry om te eet, sou sê dis perfek vir 'n oornagbestemming maar nie langer nie."
"Die dorp het maar effe agteruit gegaan, maar daar is beslis 'n paar juwele soos Áltyd Lekker en die 4 Sheep-eetplek en Deli. Die Wimpy was ook heel vriendelik en die diens vinnig!"
"Mense in die dorp is baie vriendelik, maar mens moet maar op jou hoede wees vir kwaaddoeners."