Zoete Inval
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Felica Crescent, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Vanaf R3 500 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zoete Inval is 'n dubbelverdieping-vakansiehuis met see-uitsigte in die verte geleë in die hartjie van Myburgh Park, Langebaan. Dit is 'n ideale opsie vir 'n wegbreek aan die Weskus aangesien hierdie eiendom 'n uitnodigende plonspoel het.
Hierdie eiendom kan gemaklik altesaam 6 gaste op 'n slag akkommodeer met 3 slaapkamers en 3 badkamers. Al 3 slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed en net die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede badkamer het ook 'n bad en 'n stort, terwyl die derde badkamer 'n stort het.
Die ruim leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, oond, lugbraaier, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Langs die sitkamer is 'n binnebraaikamer wat uitloop op die buite-area wat 'n verhitte plonspoel het. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 29 Felica Crescent, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Myburgh Park Langebaan Weskus Wes-Kaap
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 29 Felica Crescent, Myburgh Park, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang