Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa The President

Gastehuis
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Jonghstraat 9, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Villa The President bied 4 kamers en is in Strand geleë wat 50 kilometer oos van Kaapstad is. Perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf, naby die strand en 'n verskeidenheid aksies.

Verblyf by Villa The President bestaan uit kamers wat smaakvol versier en volledig gemeubileer is. Hierdie kamers wissel van 2 tot 4 slaapplekke en is toegerus met 'n dubbelbed en of 2 enkelbeddens, met 'n en suite-badkamer met 'n spa-bad, of 'n stort en bad in elkeen. Sommige kamers het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en Openview, 'n kroegie met tee- en koffiemaakgeriewe. Al ons kamers het wel 'n see-uitsig, behalwe die Bachelors woonstel.

'n Heerlike ontbyt kan op versoek teen 'n koste gereël word, en die gastehuis het ook 'n swembad waar gaste rond kan ontspan en 'n skemerkelkie kan geniet. Ander geriewe wat by Villa The President gereël kan word, is lughawe-transfers en klein funksies vir korporatiewe gaste. Parkeerplek is beskikbaar vir voertuie voor die villa en daar is 'n paar toesluitmotorhuise. Die gastehuis is stapafstand vanaf die strand, en restaurante, winkels en kroeë.

Ander besienswaardighede naby is wynroetes en walviskyk wanneer dit in seisoen is. Waterworld in Strand, 'n pragtige gholfbaan en Strand-tennisbaan asook vele ander buitemuurse doendinge is naby. Hierdie gastehuis, Villa The President, was die huis van wyle staatspresident Jim Fouche.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.6
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Jan B
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing stay and amazing location. What an amazing venue, had a private garage with a bachelor's flat. The shower, however, was not mai...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Danielle W
Gesin met klein kinders
5.0
Ontspanne, rustig, mooi, gasvry. Dit is werklik die geld werd. Baie netjies en skoon. Het dadelik welkom gevoel en sal graag weer in die toekoms hier ...
Sien meer
Aug 2024
Louise S
Saam met lewensmaat
4.8
Baie vriendelike diens. Ek het die verblyf as 'n geskenk aan my ouers bespreek en hulle het baie lekker gebly. Die woonstel is klein, maar gerieflik e...
Sien meer
Des 2024
Lourens K
Saam met vriende
4.8
Was goed. Net die WiFi was nie op standaard nie en ons het soms nie WiFi gehad nie.
Okt 2024
Johanna C
Gesin met klein kinders
5.0
Baie netjiese en gerieflike akkommodasie. Ons het heerlik gekuier by die gastehuis. Die eienaars bestuur dit self en hul gasvryheid het geen perke nie...
Sien meer
Des 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Anandie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 19

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • De Jonghstraat 9, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa The President het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Jonghstraat 9, Strand, Kaapstad, 7139, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd987b655824d635300ac13a13fbaa9931ad37d39b900621f54016e99a7355f0990972549ee1dbfa2d686b265c13d2efb4edd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2) 19 5 1 5 9 De Jongh Street Strand 7139 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-17:00 10:00 -34.107794 18.822059

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang