Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa Rose Guesthouse & Venue

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat
  • Vanaf R990 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Villa Rose Guesthouse & Venue bied moderne, gerieflike en ruim kamers vir besoekers en reisigers in Universitas, Bloemfontein.

Dit is in 'n goedversorgde tuin geleë en gaste het 'n keuse van kamers wat tussen 2 en 4 mense kan akkommodeer, en het hul eie privaat ingange. Die kamers is ingerig met koningingrootte-beddens met katoenbeddegoed, en van die kamers het ook 'n enkelbed. Elkeen van die kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, en vir gerief word swemhanddoeke voorsien.

Die kamers is toegerus met 'n mini-kombuisie met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, asook tuisgemaakte beskuit. 'n TV met sekere DStv-kanale, gratis WiFi en 'n werkstasie word voorsien, en al die kamers is nie-rook. Braaigeriewe is beskikbaar in die lieflike tuin.

Villa Rose Guesthouse & Venue is net 4 km vanaf die Universiteit van die Vrystaat geleë, 5 km vanaf Mimosa Mall en Loch Logan Waterfront wat verskeie winkels en restaurante bied, asook Grey College. Bloemfontein bied doendinge soos staproetes, valskermspring en sterrekyk by die Boyden-sterrewag, asook verskeie museums, winkels en restaurante. Gaste kan ook die Vrystaatse Nasionale Botaniese Tuin, die Franklin-wildreservaat of die Hamiltonpark besoek.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 82 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Heike V
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Uitstekend, netjies, nuut.
Des 2024
Adriaan S
Gesin met tieners
5.0
Goeie en vriendelike diens. Het ons verwagting oortref.
Des 2024
Elmari A
Saam met lewensmaat
5.0
Tuis weg van die huis. Ons het twee aande by Villa Rose tuisgegaan. Tanya en haar personeel is fantasties. Ontbyt was keurig en smaaklik. (As jy hulle...
Sien meer
Des 2024
Jalize V
5.0
Goeie waarde vir geld. Sal nêrens anders oorbly. Dit was die derde keer wat ek hier oorgeslaap het. Die vriendelikheid, netheid en ontbyt is altyd van...
Sien meer
Sep 2024
Lidia T
Saam met lewensmaat
5.0
Beveel sterk aan. Baie smaakvol en skoon. Lekker ontbyt.
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tanya Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 82

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat
  • Gaste dink Villa Rose Guesthouse & Venue het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 990
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Koos van der Walt-laan 115, Universitas, Bloemfontein, 9330, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa0d1dbac6a4229b826535babd6edb4a733335a7a49c815734cd3ea1902850b34560edeed8edea6a3efef966cff36eaec24ba?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R990 per nag, vir 2 mense 82 5 1 5 115 Koos Van Der Walt Avenue Universitas 9330 Vrystaat 021 201 8901 15:00-21:00 10:00 -29.110241598758 26.16728246212

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang