Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Villa 176 @ Clarens

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Gate-pad, Claren Golf and Trout Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R2 480 per nag, vir 4 mense

Beskrywing

Villa 176 @ Clarens is 'n lieflike vakansiehuis en bied selfsorgverblyf in die Clarens Gholf- en Ontspanningslandgoed. Hierdie verblyf het 'n omskakelaar en batterystelsel en ervaar dus nie beurtkrag nie.

Die smaakvol versierde tweeslaapkamerhuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n goed toegeruste kombuis en en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat in 2 enkelbeddens omskep kan word. Elke slaapkamer beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, stoof, oond, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n gaskaggel, 'n platskerm-TV met DStv en 'n gemaklike sitarea. Die eenheid het ook lugversorging. Die onderdakstoep het lieflike uitsigte oor die berge sowel as gholfbaan en het 'n braai-area. Villa 176 bied nuutgeboude veilige onderdak dubbelparkeerplek.

Gaste kan 'n uitstekende 18 putjie-gholfbaan geniet of die koffiewinkel op die perseel besoek.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 2 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 143 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Jemeane T
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlike wegbreek gewees - ons kom graag weer. Fantastiese verblyf, alles wat mens nodig het en meer. Die eenheid is baie goed toegerus en die uitsig ...
Sien meer
Feb 2025
Marlene O
Gesin met klein kinders
5.0
Mooi omgewing, kwaliteit akkommodasie. Ons het heerlik gebly.
Feb 2025
Alta C
Saam met vriende
5.0
Home away from home. Matrasse en linne van hoëstaande gehalte. Alles wat ons nodig gehad het, was in die huis en meer. Fantastiese wegbreek naweek saa...
Sien meer
Jan 2025
Andreas U
Gesin met tieners
5.0
Rus en vrede, maar naby genoeg aan al die restaurante en winkels. Ons het 'n heerlike twee dae van rus geniet. Wonderlike uitsig oor die berge, veilig...
Sien meer
Des 2024
Pieter G
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige uitsig oor die dorp en berge met alles beskikbaar waaraan jy kan dink. Verblyf was heerlik en gemaklik.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Phillip Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 143

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Golden Gate-pad, Claren Golf and Trout Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Villa 176 @ Clarens het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 480
per nag, vir 4 mense
Vanaf
Vanaf R 2 480
per nag, vir 4 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Golden Gate-pad, Claren Golf and Trout Estate, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe3af4f0909048a1609a599d829fc010c8915df441e3f128992cba204fa4e288838479294213e22d931e2e99852330ca70ff9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 480 per nag, vir 4 mense 143 5 1 5 Golden Gate Road Clarens Golf and Trout Estate 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -28.509183349135 28.431128239645

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang