Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Upper Deck

Selfsorg
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38A Westbourne Road, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
  • Vanaf R5 260 per nag (plek vir 10)

Beskrywing

Upper Deck is 'n pragtige selfsorgvakansiehuis in Kenton-on-Sea. Hierdie eiendom het ongerepte uitsigte oor die Boesmansrivier, die strandmeer en die see, en is 'n uitstekende keuse vir 'n gesin of 'n groep vriende wat op soek is na 'n ontspanne wegbreek na hierdie kusdorpie.

Dié dubbelverdiepinghuis bied slaapplek vir tot 10 gaste in 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die eerste slaapkamer is op die boonste verdieping en is ingerig met 'n koninggrootte-bed, met toegang tot 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die tweede slaapkamer is ook ingerig met 'n koninggrootte-bed, terwyl die derde en vierde slaapkamers elk 2 enkelbeddens het. Hierdie slaapkamers is op die onderste verdieping geleë en maak gebruik van 'n gedeelde badkamer wat toegerus is met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die laaste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Linne en handdoeke word voorsien.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n ontbyttoonbank met stoele. 'n Wasmasjien en tuimeldroër is beskikbaar vir die gaste se gerief. Die eet- en sitareas het gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan, en vir gaste se vermaak is daar TV's met DStv. Toegang tot Wi-Fi is beskikbaar.

Gaste kan 'n onderdakbalkon met buitemeubels en 'n braai geniet. 'n Omskakelaar en parkeerplek van die straat af is op die perseel beskikbaar. Trappe wat direk na die strandmeer lei, kan vanaf oorkant die eiendom verkry word. Hierdie eiendom is naby verskeie plaaslike geriewe soos winkels en restaurante.

Kamer-opset

5 Slaapkamers 3 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

WiFi
Mooi uitsig
TV
Verwarmer
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Ligging

  • 38A Westbourne Road, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 5 260
per nag (plek vir 10)
Vanaf
Vanaf R 5 260
per nag (plek vir 10)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 38A Westbourne Road, Kenton-on-Sea, 6191, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7622cf77dfb0deeefdf14f5cc10b4df846e308598307610c150c21f0540473b81eed914d3b681794d70013fa25077290b5fb?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 260 per nag (plek vir 10) 38A Westbourne Road Kenton-on-Sea 6191 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.687889175809 26.665633561915

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang