Tuscany @ Sea 56
Kry 10% af vir verblyf wat 6 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Melkhoutstraat af, Tergniet, 6625, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 400R1 260 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Tuscany @ Sea 56 is 'n klein en gerieflike selfsorgeenheid met 'n lieflike see-uitsig en 'n aparte ingang op die eienaar se perseel. Dit is slegs 500 m vanaf die strand in die hartjie van Tergniet.
Die duplekswoonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer met see-uitsigte, direkte toegang tot 'n balkon en het 'n dubbelbed. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie beddegoed vir die slaapbank saambring (daar is 2 kussings).
Die leefarea is op die grondverdieping en het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank en 'n Smart TV met DStv. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar.
Die eenheid maak oop na 'n stoep met 'n tafel en 'n ingeboude braai. Die boonste vlak maak oop na 'n balkon. Gaste het toegang tot parkeerplek vir 2 voertuie. Daar is ook 'n speelarea vir kinders skuins oorkant die eenheid. Die strand is binne loopafstand.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Leefarea
1 x Dubbelslaapbank
Badkamer
Stort, Toilet
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
2.8/5
Ciska Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Van Melkhoutstraat af, Tergniet, 6625, Wes-Kaap
- Gaste dink Tuscany @ Sea 56 het ’n goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Van Melkhoutstraat af, Tergniet, 6625, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang