Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

The White House

Selfsorg
Spesiale Aanbod 33% af

Bly 3 nagte en betaal slegs vir 2. Geldig vir verblyf vanaf 30 Jan 2025 tot 19 Mrt 2025.

  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R7 000 R4 667 per nag (plek vir 23)

Beskrywing

The White House is 'n groot selfsorg-vakansievilla wat ideaal is vir groot groepswegbreke, spanbougeleenthede, skooltoere of enige ander viering aan die kus van die Overberg. Die huis spog met lieflike see-uitsigte en 'n swembad op die perseel. Dit is slegs 400m vanaf die strand.

Die boonste verdieping lei na 'n groot balkon met 'n see-uitsig, sitplek, 'n ingeboude braai, 'n pooltafel en veerpyltjiebord (gaste moet asb. hul eie veerpyltjies saambring). Die grondverdieping lei na 'n lieflike swembadarea met nog 'n ingeboude braai.

Die hoofhuis bied slaapplek aan 23 gaste en beskik oor 6 slaapkamers, 5 badkamers sowel as 'n gastetoilet. Daar is 2 woonstelle wat addisioneel by gehuur kan word (slaap afsonderlik 3 en 5 gaste) - die woonstelle word nie aan ander groepe verhuur nie, kan slegs deur die huidige gaste bygehuur word teen ekstra fooi.

Die groot oopplan-leefarea beslaan die boonste verdieping van die villa en het 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, 3 yskaste, 2 vrieskaste, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n ingeboude braai en 'n braairooster word voorsien (asook swartpotjies). Dit lei na die sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en slimkaart saambring. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die huis het 'n kragopwekker wat outomaties aanskakel tydens beurtkrag.

Verder is daar oorgenoeg eetspasie en 'n kaggel op die onderste verdieping.

Die grondverdieping bied 2 slaapkamers, elk met 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea. Die badkamer op die onderste verdieping het 'n toilet en bad en daar is ook 'n aparte toilet.

Die tweede verdieping bied 4 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en toilet. Die derde kamer het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed, 'n slaapbank en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad en toilet. Die vierde kamer is lekker ruim en het 'n koningingrootte-bed, 'n dubbelbed, 'n enkelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en bad. Hierdie kamer het ook skuifdeure wat lei na 'n stoeparea.

Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 1 Leefarea 5 Badkamers, 4 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

En suite

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

1 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koningingrootte-bed

Leefarea

3

1 x Enkelslaapbank

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Baie goed

Netheid
3.8
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.2
Diens
4.2
Veiligheid
4.2

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Sanmarie Geverifieer

Eiendomme 28

Resensies 68

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink The White House het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R7 000
R 7 000 R 4 667
per nag (plek vir 23)
Vanaf R7 000
R 7 000 R 4 667
per nag (plek vir 23)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 23 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Crest-weg 87, Pearly Beach, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa4d29c2ab03d7df391653c1610f1bd040712f357124a1c1830516ae1371d2070238922c6cfcf679322ef55a92747d9bea2ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R7 000 nouVanaf R4 667 per nag (plek vir 23) 5 5 1 5 87 Crest Road Pearly Beach 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -34.660224246506 19.491864655225

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang