Premier Hotel Roodevalley
- Kapasiteit: 312 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 81, Zeekoegat, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0039, Gauteng
- Vanaf R1 050 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Premier Hotel Roodevalley bied B&B-verblyf aan die oewer van die Pienaarsrivier in Pretoria. Die hotel word deur 'n natuurreservaat omring wat 'n veilige bos-toevlug vir verskeie voëlspesies is. Pretoria, Menlyn, Johannesburg en die O.R. Tambo Internasionale Lughawe is binne maklike bereik.
Verblyf by dié hotel word in verskeie kamers in grasdakgeboue gebied en die perseel het 'n ware Afrika-gevoel. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort en verhitte handdoekrelings, lugversorging, gratis WiFi, 'n platskerm-TV, 'n direkte telefoonlyn, 'n kluis wat groot genoeg is vir 'n skootrekenaar en tee- en koffiemaakgeriewe.
Die tradisionele, Suid-Afrikaanse plaasontbyt in 'n buffetstyl word in die restaurant bedien en hier is ook ander heerlike maaltye teen verskillende kostes te koop. Die hotel spog met 'n kroeg en 'n gastesitarea, asook 'n gimnasium, 'n swembad en konferensiegeriewe vir tot 250 afgevaardigdes.
Premier Hotel Roodevalley is net 22 km van Pretoria se middestad en sowat 63 km van O.R. Tambo Internasionale Lughawe af.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Reservations Geverifieer
Eiendomme 24
Resensies 189
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Plot 81, Zeekoegat, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0039, Gauteng
- Gaste dink Premier Hotel Roodevalley het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kameeldrift-Oos Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 312 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plot 81, Zeekoegat, Kameeldrift-Oos, Pretoria, 0039, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang