Phiva Game Lodge
Kry 15% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
-
Vanaf
R6 975R5 929 per nag, vir 27 mense
Beskrywing
Phiva Game Lodge is op 'n wildsplaas in die hartjie van die Waterberg-distrik geleë en is ideaal vir 'n naweekwegbreek saam met familie en vriende. Die plaas is 13 km buite Modimolle geleë. Die eenheid word as 'n geheel aan 1 groep op 'n slag verhuur.
Die lodge het altesaam 9 kamers. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en enkelbed met 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, wat die badkamer deelmet kamer 1. Die derde en vierde slaapkamers is ingerig met 'n koningingrootte-bed met drie enkelbeddens, met eie stort, wasbak en toilet. Die vyfde slaapkamer is ingerig met 3 enkelbeddens het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die sesde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, wat 'n badkamer moet deel met kamer 5. Die sewende slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en dit het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die laaste twee slaapkamers is elk ingerig met 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. Elkeen van hierdie twee kamers het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Elke kamer het 'n koffiehoekie, asook komplimentêre sepies.
Die huis beskik ook oor 'n kombuis en 'n sitkamer met 'n ope-lug stoep Daar is ook 'n lapa met 'n kombuis, pooltafel, eetkamertafel, veerpyltjiebord, klavier, baie bordspeletjies, volledige DSTV, braaigeriewe, swembad en Jacuzzi. Die kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n alle eetgerei, yskaste, vrieskaste, mikrogolfoond en gasstoof. Phiva Game Lodge het sonkrag en ervaar nie beurtkrag nie. Daar is net waaiers in die kamers.
Wildritte kan op jul eie gedoen word, of die game-viewer (wildbesigtigingsvoertuig) kan gehuur word. 'n Verskeidenheid wild kan op die plaas gevind word soos buffels, swartwitpense, njalas, kameelperde, springbokke, vlakvarke, koedoes, rooibokke, sebras, waterbokke, blouwildebeeste, asook 'n verskeidenheid voëls. Skoonmakers kan ook teen ‘n ekstra koste verskaf word.
Gaste kan hul visstokke saambring en visvang in die Donkerpoortdam saambring. Troeteldiere is welkom op versoek.
Vriendelike bosveldgroete
Charmaine Diener
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
3 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Charmaine Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
- Gaste dink Phiva Game Lodge het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 27 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Donkerpoort Plaas, Modimolle, 0510, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang