Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Palms Gastehuis

Langtermynverblyf-aanbod 30% af

Kry 30% af vir verblyf wat 30 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemanstraat 15, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
  • Vanaf R1 000 R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Palms Gastehuis is in Hartswater geleë en bied 5 gerieflik gemeubileerde eenhede met slaapplek vir tussen 2 tot 4 mense elk.

Elke eenheid het 'n standaard dubbelbed en sommige eenhede sluit ook 'n enkelbed en ekstra matras in om 'n gesin van 4 te kan akkommodeer. Wit beddegoed en handdoeke van 'n ligte kleur word voorsien. Elke eenheid het ook lugversorging en 'n kombuis of kombuisie wat toegerus is met 'n ketel, mikrogolfoond, yskas en mini-stoof. Elke eenheid het ook 'n TV met die gasvryheids-DStv-pakket, KykNet en gratis WiFi.

Sommige van die eenhede het 'n uitsig oor die swembad, terwyl die ander oor die tuin uitkyk.

'n Basiese selfbedien ontbyt van koffie, tee, melk, suiker, beskuit en 2 soorte graankos, is by die prys ingesluit.

Elke eenheid het privaat braaigeriewe en veilige parkeerplek agter 'n elektroniese hek. Die gastehuis is gekoppel aan 'n sekuriteitsmaatskappy en het sekuriteitskameras. In die geval van beurtkrag verskaf 'n kragopwekker krag, en 'n boorgat voorsien water in die geval van waterbeurtkrag.

Palms Gastehuis is in die middel van die dorp en is stapafstand van verskeie winkels af. Dit is 'n baie gewilde bestemming vir sakemanne en gesinne wat Vaalharts besoek vir troues, sport of gesinsgeleenthede.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 27 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Salome Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 28

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Schoemanstraat 15, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
  • Gaste dink Palms Gastehuis het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Hartswater Noord-Kaap
Vanaf R1 000
R 1 000 R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf R1 000
R 1 000 R 700
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 13 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Schoemanstraat 15, Hartswater, 8570, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9688c555508862a301d24e65660210bbab3e360f19dc13a64efb1ed3d5efbf1feece47ff6a7f7827987a92a9a5b48eba7ab7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 000 nouVanaf R700 per nag, vir 2 mense 27 5 1 5 15 Schoeman Street Hartswater 8570 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -27.754807947721 24.805668002733

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang