Shalom
Beskrywing
Dié eenheid beskik oor 3 slaapkamers en elkeen het 'n plafonwaaier. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n privaat badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die ander 2 kamers het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens onderskeidelik, en deel die tweede badkamer. Die tweede badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Handdoeke en beddegoed word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring. Daar is DStv met die gesinspaket, maar gaste kan hulle eie dekodeerder saambring as hulle meer kanale wil kyk. (Explora-skottel) Die oopplan-kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas en 'n etenstafel toegerus. Die leefarea lei na 'n stoep met 'n uitsig oor die see, hawe en die berge. 'n Dubbelmotorhuis is vir die eksklusiewe gebruik van hierdie eenheid beskikbaar. Maksimum 2 voertuie word toegelaat. The Penthouse het 'n alarmstelsel en gaste het toegang tot draagbare braaigeriewe op die balkon.
Oorsig van kamer/eenheid
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Dít is wat jy hier sal kry
Gewild
Buitelug
Kombuis & eetkamer
Parkeerplek & toegang
Slaapkamer & wassery
Temperatuurbeheer
Vermaak
Prys sluit in
Selfsorg.
Huisreëls
- Geen funksies of partytjies word toegelaat nie. Daar sal streng teen oortreders opgetree word. Geen luidrugtigheid, hang van, of skree van balkon af word toegelaat nie.
- Slegs die aantal persone soos per aansoek mag vir duur van verblyf oornag.
- Geen besprekings deur kinders onder die ouderdom van 25 sonder volwasse toestemming nie.
- GEEN musiek binne of buite nie.
- Geen persone of braai word na 22:00 voor die eenheid toegelaat nie.
- Geen verantwoordelikheid sal vir ouers wat kinders saambring geneem word nie.
- Geen kinders onder ouderdom 14 jaar.
- Stilte in eenheid na 23:15
- Tariewe wat vertoon word is op 'n selfsorgbasis.
- Rook is verbode in die eenhede.
- Geen troeteldiere word toegelaat nie.
- Beddegoed word voorsien.
- Skoon beddegoed sal volgens die tydperk van verblyf voorsien word.
- Geen oornaggaste word toegelaat nie.
-Hoogstens 4 besoekers word toegelaat, tot 21:15.
- Gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.
- Gaste moet asb. voor vertrek alle skottelgoed was, en die eenheid in 'n netjiese toestand los.
- Geen musiek word toegelaat nie. Gaste moet vanaf die inklokdatum te alle tye vir noodgevalle op selfone beskikbaar wees.
- Geen rondskuif van stoepmeubels nie asseblief. Na gebruik van sambreel, of nie tuis plaas terug in buite-eenheid.
- Maak seker kole in Weber is geblus na gebruik om sodoende enige skade wat deur wind veroorsaak kan word te voorkom. Skade sal vir besoeker se rekening wees, asook verantwoordelikheid.
- Enige oortreding van bogenoemde reëls kan tot onmiddellike uitsetting lei.
Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hill-straat 115, Mosselbaai, 6505, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang