Makhato Lodge 108
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Vanaf R3 440 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Makhato Lodge 108 is 'n bekoorlike selfsorghuis in die Sondela Natuurreservaat naby Bela-Bela. Hierdie privaat wildreservaat is in die Waterbergstreek, net 150 km van Johannesburg af en bied die rustigheid van die bosveld, ontmoetings met sebras, koedoes, rooibokke en kameelperde, asook geleenthede vir voëlkyk.
Dié verblyf het lugversorging en slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 en suite-slaapkamers, waarvan 1 in 'n kothuis met 'n aparte ingang en 'n buitestort is. Die eerste, tweede en derde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, terwyl die vierde slaapkamer 2 enkelbeddens het. Elke slaapkamer bied pragtige uitsigte oor die bosveld. Daar is 1 badkamer met 'n bad en 'n stort, terwyl die oorblywende badkamers elkeen 'n stort het. 'n Buitestort is ook beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei en breekware toegerus. Daar is ook 'n yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër in die aparte opwaskamer. Die sit- en eetarea bied gemaklike sitplek vir gaste om te eet en te ontspan, en spog ook met 'n kaggel. Daar is 'n TV met DStv-kanale en gratis WiFi.
Die leefarea lei na 'n stoep met sitplek en 'n ingeboude braai. Verder is daar 'n boma-area met 'n vuurput, en veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Sondela Geverifieer
Eiendomme 46
Resensies 192
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sondela Natuurreservaat, Plaas Tweefontein 462 KR, Bela-Bela, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang