Lozza's Place
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wonderboom-singel 4, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Vanaf R890 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Lozza's Place is 'n pragtige selfsorgwoonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Wavecrest, Jeffreysbaai geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n kuswegbreek by hierdie eiendom, want hierdie huis is net 'n kort entjie se ry van die strand af en spog met ongelooflike sonsondergang en see-uitsigte in die verte.
Dié woonstel het gemaklike slaapplek vir 2 volwassenes en 'n kind op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer, 'n en suite-badkamer en 'n gastetoilet. Die slaapkamer is op die boonste verdieping en gemeubileer met 'n koningingrootte-bed. 'n Stort, wasbak en toilet is in die badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Die oopplan-leefarea op die onderste verdieping beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Vanuit hierdie kombuis lei 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het 'n gemaklike rusbank wat ook in 'n slaapbank omskep kan word. Die sitkamer is ook toegerus met 'n slim-TV met Netflix en YouTube. Komplimentêre WiFi is beskikbaar.
Hierdie woonstel lei na 'n privaat stoep met sitplek en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan en 'n skemerkelkie te geniet terwyl die vuur brand. Tydens beurtkrag word die eiendom deur sonpanele gerugsteun.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Kinderbank vir 1
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lauren Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 10 maande
Ligging
- Wonderboom-singel 4, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
- Gaste dink Lozza's Place het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wavecrest Jeffreysbaai Sarah Baartman-distrik Oos-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 kind - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Wonderboom-singel 4, Wavecrest, Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang