Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House

Gastehuis
  • Kapasiteit: 32 persone
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Polkadraaipad, Vlottenburg, Stellenbosch, 7604, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 695 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

LovanE Boutique Wine Estate & Guest House is 'n bekostigbare, luukse verblyf-juweel in die Kaapse Wynlande, sowat 5 km vanaf die hartjie van Stellenbosch.

Verblyf beskik oor 16 moderne en suite-kamers. Geriewe in die kamer sluit lugversorging, 'n TV met 12 kanale, 'n volledig gevulde minibar en tee- en koffiemaakgeriewe in. Elke kamer het ook 'n balkon, dek of stoep en rook word nie in enige van die kamers toegelaat nie.

Ontbyt word bedien in ons pragtige restaurant-area of buite op die houtdek as die weer dit toelaat. In die wintertyd hou 'n lieflike houtkaggel dinge warm. Ander geriewe sluit 'n swembad in en veilige parkeerplek op die perseel word voorsien.

Op die perseel kan gaste vir 'n persoonlike wynproe in die unieke, ondergrondse kelder gaan of langs die swembad ontspan. Die personeel kan help om besprekings te maak vir perdry of gholf by een van die nabygeleë gholfbane. LovanE Boutique Wine Estate & Guest House is 22 km vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe en 35 km vanaf Kaapstad se sakekern geleë.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 141 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Willie En Elna B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie dankie aan almal by LovanE vir ons aangename verblyf en ontbyt. Ons het ons verblyf baie geniet en het baie goeie ontvangs gehad.
Des 2024
Marco B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker plek. Wat jy sien op die webtuiste is wat jy kry, sal hulle weer besoek, heel aangenaam.
Des 2024
Erik V
Saam met lewensmaat
5.0
Asemrowend. Pragtig, professioneel, billik. Hulle doen baie ongelooflik baie moeite en is toeganklik en vriendelik.
Sep 2024
Natanya R
Saam met lewensmaat
5.0
Lovane will definitely see us again. Friendly staff and a beautiful room is all we needed for our stay. We did a wine and chocolate pai...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024
Bernard K
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing value for money. Very nice, just check the front door on our unit, doesn't open or close easily.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Theresa Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 141

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Polkadraaipad, Vlottenburg, Stellenbosch, 7604, Wes-Kaap
  • Gaste dink LovanE Boutique Wine Estate & Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 695
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 695
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 32 volwassenes
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Polkadraaipad, Vlottenburg, Stellenbosch, 7604, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDRiMGRkYjAyLTczYzYtNDk4YS05YTM1LTQyYjMxZTQwNzQ4NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 695 per nag, vir 2 mense 141 5 1 5 Polkadraai Road Vlottenburg 7604 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -33.952531611349 18.800613449074

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang