Lourier Plesier
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lourier-singel 6, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Vanaf R1 350 per nag (plek vir 3)
Beskrywing
Lourier Plesier bied heerlike oornagverblyf met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Stilbaai-Wes geleë is. Dit is 'n wonderlike opsie vir gaste wat die area en die skilderagtige Tuinroete wil verken.
Dié woonstel met lugversorging het gemaklike slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n oopplan-ontwerp. Dit is ingerig met 2 enkelbeddens wat op versoek saamgeskuif kan word. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Kwaliteit linne en badhanddoeke word voorsien.
Hierdie eenheid het ook 'n kombuis wat toegerus is met 'n induksieplaat, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is ook 'n etenstafel waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Vir gaste se vermaak is gratis WiFi en 'n TV beskikbaar.
Die ligging van hierdie eiendom is ongeveer 3 km vanaf strande, riviere, natuurreservate, winkels, restaurante en 'n gholfbaan. Gaste kry veilige parkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Kinderbedjie
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Karen Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 5 maande
Ligging
- Lourier-singel 6, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
- Gaste dink Lourier Plesier het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Stilbaai-Wes Stilbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
-
Kapasiteit: 3 persone
2 volwassenes, 1 baba - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lourier-singel 6, Stilbaai-Wes, 6674, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang