Lorita's
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
- Vanaf R550 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Lorita's bied B&B-verblyf op die eienaar se perseel in George. George skuil aan die voet van die Outeniekwaberge. Dis ook die ideale basis waarvandaan gaste die Tuinroete kan verken.
Eenheid 1 beskik oor 1 slaapkamer en het slaapplek vir 3 gaste. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en ’n enkelbed op versoek. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Die eenheid het ook 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, en 'n klein yskassie 'n etenstafel met stoele. Daar is 2 gemakstoele wat na die stoep geskuif sal word indien 'n derde gas die enkelbed gebruik. Daar is 'n piekniektafel met stoele op die stoep. Daar is geen TV nie, maar gaste het toegang tot braaigeriewe en WiFi is besikbaar.
Eenheid 2 is op die eerste verdieping en het 'n balkon met 'n tafel, sitplek en 'n braai. Daar is slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Dit het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Aangesien vloerruimte beperk is, sal dit nie aanbeveel word vir lang verblyf nie. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuisie is met 'n mikrogolf, 'n yskas en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is geen TV nie, maar wel gratis WiFi.
Aktiwiteite in die dorp en omgewing sluit visvang, hangsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk binne seisoen, en perdry in. Gerieflik naby die middedorp en slegs 'n paar minute se ry van die Garden Route-winkelsentrum af. Die verblyf is stapafstand vanaf 'n supermark en 'n wassery.
Selfsorg woonstel. Toegang word verkry deur 'n stel trappe. Dit is nie geskik vir bejaardes of persone wat nie 100 % mobiel is nie. Dit is selfsorg, maar linne word wel voorsien. Bring eie handoeke.
Daar is 'n tweeplaat gasstoof. Yskas met vrieskas. Mikrogolf oond en ketel. Breekware voldoende vir 5 persone. Badkamer met stort. Geen bad beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Marie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 135
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
- Gaste dink Lorita's het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 12 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang