Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lorita's

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R550 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lorita's bied B&B-verblyf op die eienaars se perseel en dit is in George aan die voet van die Outeniekwaberge geleë. Dit is die ideale basis vanwaar die Tuinroete verken kan word.

Eenheid 1 beskik oor 1 slaapkamer en bied slaapplek aan 3 gaste. Die slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en 'n enkelbed op versoek en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Die eenheid is ook toegerus met 'n mikrogolfoond, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n etenstafel met stoele. Daar is 2 sitkamerstoele wat na die patio geskuif sal word as 'n derde gas op die enkelbed slaap. Die patio het 'n piekniektafel met stoele. Daar is geen TV nie, maar gaste het toegang tot braaigeriewe en WiFi is beskikbaar.

Eenheid 2 is op die eerste verdieping geleë en het 'n balkon met 'n tafel en banke, asook 'n braai. Die eenheid het slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n stapelbed. Aangesien vloerspasie beperk is, moet die eenheid nie aanbeveel word vir lang verblyf nie. Die badkamer is toegerus met 'n stort. Die kombuisie is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is geen TV nie, maar daar is gratis WiFi.

Daar is 'n buitebraai-area vir gaste om te gebruik en WiFi is beskikbaar.

Doendinge in die dorp sluit visvang, hangsweef, duik, waterski, voetslaan, voëlkyk, walviskyk in seisoen, en perdry in. Ons is gerieflik naby die middedorp en net 'n paar minute se ry vanaf die Garden Route Mall. Die verblyf is stapafstand vanaf 'n supermark en 'n wassery.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Toeganklik vir kosaflewerings-apps
Openbare vervoer naby

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 135 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Magdel W
Saam met lewensmaat
5.0
Rustige omgewing, baie belangrik dat daar geen geraas was nie. Lekker gebly, persoonlike diens was uitstekend.
Feb 2025
Sandra D
Saam met lewensmaat
5.0
Absolutely awesome. Marie was the perfect host, friendly and professional. The place was clean; everything was great. I will definitely...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Rian E
Saam met lewensmaat
5.0
Gerieflik, stil en sentraal. Lorita's is 'n gerieflike eenheid in 'n stil area, sentraal en veilig. Sal beslis weer daar oorslaap as ons weer in die a...
Sien meer
Okt 2024
Tertius B
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Ons was hartlik ontvang deur die eienaar. Alles is netjies en gemaklik. En die omgewing is rustig en pragtig, en die poue wat roep het bygedra...
Sien meer
Okt 2024
Nasley H
Gesin met klein kinders
4.0
Lekker gekuier om die braaivleis vuurtjie. Alles was skoon en netjies met ons aan. Baie lekker gebly, net verskriklik warm dag gewees, maar die verbly...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 135

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lorita's het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

George Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 550
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kerkstraat 70, Denneoord, George, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA281caa0b388a75a97cafd7b73ec27b8b6dc12f2fc2ecb24a707e0fa0b2f9d4e38a117e9c87ee2763956e46a2775064a306d8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R550 per nag, vir 2 mense 135 5 1 5 70 Kerk Street Denneoord 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.948242677686 22.470729221754

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang