Lions View Cottage
Kry 20% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 11 Mrt 2025 tot 31 Mrt 2025.
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Virginia Avenue, Vredehoek, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
-
Vanaf
R2 800R2 240 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Lions View Cottage is 'n bekoorlike kothuis in Victoriaanse styl met 'n privaat ingang op die eienaar se eiendom wat aan die voet van Tafelberg in Vredehoek geleë is. Die kothuis is gerieflik naby die Tuinesentrum, Kloof-, Bree- en Langstraat in die Stad geleë, wat dit 'n ideale opsie maak vir beide sakereisigers en vakansiegangers.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir altesaam 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed, terwyl die tweede slaapkamer 2 enkelbeddens het wat op versoek in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Bad, stort, wasbak en toilet is in die gesinsbadkamer beskikbaar.
Elke kamer het 'n platskerm-TV, 'n klerekas, 'n spieëltafel asook 'n tafel en stoele. In die eerste slaapkamer is daar 'n kombuisie wat toegerus is met 'n mikrogolfoond, yskassie, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Komplimentêre WiFi is beskikbaar vir gaste om verbind te bly.
Die gerieflike ligging bied maklike toegang tot die Tafelberg-kabelbaan, Lion's Head, Seinheuwel, die pragtige Kampsbaai- en Clifton-strande, en die gewilde en lewendige V&A Waterfront, wat 'n hanetreetjie weg is. Parkeerplek kan op versoek gereël word.
Gaste sal aktiwiteite in en om Kaapstad kan geniet, soos voetslaan, wateraktiwiteite, strande aan die Atlantiese kus besoek, en 'n verskeidenheid restaurante en doendinge by die V&A Waterfront.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Ansaaf Nuut op LekkeSlaap!
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 2 maande
Ligging
- 19 Virginia Avenue, Vredehoek, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
- Gaste dink Lions View Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 19 Virginia Avenue, Vredehoek, Cape Town, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang