Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lindy van Niekerk Art & Accommodation

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kendalweg 114, Eversdal, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R895 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Lindy van Niekerk Art & Accommodation is 'n bekoorlike gastehuis in 'n rustige woonbuurt in die Kaapstadse voorstad, Durbanville. Die huis is ideaal geleë naby die middestad, wynlandgoedere en winkelsentrums.

Die verblyf bied gaste 'n keuse van 3 stylvolle en moderne eenhede. Daar is 2 woonstelle wat onderskeidelik met 'n koningingrootte-bed en dubbelbed ingerig is, terwyl die derde eenheid ideaal is vir 'n klein gesin en 'n dubbelbed sowel as 2 enkelbeddens bevat. Die en suite-badkamers in elke eenheid het 'n stort. Al die eenhede beskik oor 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskas, mikrogolf, ketel en broodrooster. Neem asseblief kennis dat die kamers nie stowe het nie en nie heeltemal geskik is vir selfsorg nie.

Bykomende geriewe sluit DStv, WiFi, 'n swembad en veilige parkeerplek vir 1 voertuig per kamer in. Daar is ook 'n bekroonde kunsgalery op die perseel asook 'n lieflike tuin waar gaste kan ontspan.

Gaste kan saam met die gastehuis daguitstappies na Aquila Privaat Wildreservaat reël. Besienswaardighede in die area sluit Tygervallei en Glengary Winkelsentrums, Durbanville wynlandgoedere, Kaapstadse strande, Welgemoed Gholflandgoedere, GrandWest Casino en Barnyard Theatre in.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Charlotte G
5.0
Goeie waarde vir geld in 'n netjiese plekkie. Heerlik gebly en sal beslis weer! Vriendelik ontvang en fasiliteit was perfek vir ons doeleindes.
Feb 2025
Andrea B
5.0
Waarde vir geld, het baie veilig gevoel en waardeer eienaars se ekstra moeite. Ek kon nie 'n beter plek gekies het vir wat my behoeftes was nie, liefl...
Sien meer
Feb 2025
Charles C
Saam met lewensmaat
5.0
Beste diens ooit. Baie tevrede met verblyf, bly altyd daar as ek Kaap toe gaan. Baie dankie vir gasvryheid.
Nov 2024
Louise N
5.0
Comfortable, warm apartment in a beautiful area. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Aug 2024
Jacolien W
Saam met lewensmaat
5.0
Weer 'n goeie plek. Niks meer nodig as wat gebied word nie. Baie netjies en veilig.
Mei 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Lindy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Kendalweg 114, Eversdal, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lindy van Niekerk Art & Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 895
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 895
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Geen kinders onder 5
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kendalweg 114, Eversdal, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA816Y6KFhXQRm3ciLRxDpNIzbzqMuHsjleCmXpJnS5FAIhTVlby?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R895 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 114 Kendal Road Eversdal 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 10:00 -33.864 18.6492

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang