Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Lekkerus

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R800 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Lekkerus is 'n selfsorgwoonstel in Kleinmond, 'n bekoorlike kusdorpie in die Overberg-streek. Die woonstel is net 170 m vanaf die strand en net 1,6 km vanaf Kleinmond se swemstrand.

Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek vir 2 volwassenes en 1 kind. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed, waaier en en suite-badkamer met 'n stort, 'n wasbak en 'n toilet. Die oopplan-leefarea het 'n ekstra enkelbed.

Die woonstel het 'n kombuisie met geriewe, soos 'n mikrogolfoond, 'n tweeplaatstoof, 'n yskas-vrieskas, 'n ketel, 'n stoompot, 'n broodrooster, breekware en eetgerei. Die leefarea beskik oor 'n TV met 'n DVD-speler en DStv Premium, 'n enkelbed, 'n gemaklike bank, 3 ligstoele en 'n eetarea met 'n etenstafel met sitplek vir 4. Daar is skuifdeure in die leefarea wat uitloop op 'n balkon met 'n vrystaande braai, tafel en stoele. Daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Die eiendom word nie deur beurtkrag geraak nie en WiFi is beskikbaar.

Neem asseblief kennis dat die eienaars op dieselfde perseel woon.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

1

1 x Enkelbed / Driekwartbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 127 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Martine V
Besigheidsreis
5.0
Lovely accommodation, had a very nice stay. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025
Miekie D
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties heerlik en ontspannend. Wat 'n lieflike ondervinding, eienaars het baie moeite gedoen, daar was vars blomme, beskuit en sjokolade, en om di...
Sien meer
Jan 2025
Elize V
Saam met lewensmaat
5.0
So lekker, sal beslis weer gaan. Dit was 'n wonderlike naweek.
Jan 2025
Kobus M
Saam met lewensmaat
5.0
'n Paar heerlike dae waar ons kon stap, swem, hengel en heerlik uiteet! Billik, netjies en gerieflik. 'n Wonderlike plekkie wat jy as basis kan gebrui...
Sien meer
Jan 2025
Angelique S
Saam met lewensmaat
5.0
Superb! The hosts are very friendly and helpful and really made us feel very welcome.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Jannie Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 165

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Lekkerus het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R 800
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tweedelaan 140, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDBiMmI5NzFmLWQ3MzItNDBkZi1iZTk0LWY4NmFlN2IyZDg1Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag (plek vir 3) 127 5 1 5 140 Second Avenue Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 12:00-19:00 10:00 -34.343254 19.020945

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang